jump to navigation

Voorspankamp en bekeringstories (oftewel, 30 Seconds terwyl dit katte en honde sous op TO Strand) October 1, 2009

Posted by tiaan in Ervarings, Stranddiens, TO Strand, Vryheid, jeug, kampe, kerk, redding, vriende, youth.
Tags: , , , , , , , , , ,
add a comment

‘n Paar van ons was van Sondag tot Woensdag (gister) as ‘n tipe van “voorspan” op T.O. Strand waartydens ons ‘n bietjie met Oom Eddie Fourie en sy vrou Estelle (die oord se bestuurders) gesels het oor wat waarskynlik ons 12de stranddiens in 10 jaar sal wees aan die einde van Desember vanjaar. Hulle was vriendelik genoeg om ons verblyf te verskaf – baie dankie daarvoor! Ons moes net self ons kos, brandstof en sakgeld hanteer.

Ons was 8 persone, my en Oom Ferdinand ingesluit. Dit was bietjie van ‘n cock-fest, met net twee girls wat saam was. Verder was dit net manne! En nee, ons het nie net gebraai nie – maar daar is die hele tyd met rugbyballe gespeel.

Die weer wou nie regtig saamwerk in terme van sonskyn nie, soos dit met die grootste deel van die land gegaan het die afgelope paar dae, maar dit het ons nie laat onderkry nie. Nadat ons Sondagaand High School Musical 3 gekyk het (dit was op M-Net, okay), was die ander braaf genoeg om vir my en Jan Kriel met 30 Seconds aan te vat. Shame. Ons het hulle omtrent gewaste! Ons het amper vir Wiam, Karlie en Jan-Paul gelap! Jan Bekker en Lizahn het beter gevaar, maar ons het nog steeds hulle gatte geskop.

Maandagoggend het ons manne aan die gesels geraak oor die geldigheid van die historisiteit van die Bybel en watse verskil dit maak of dinge nou werklik gebeur het soos wat dit daar staan en of dit nie het nie. Bitter interessante gesprek. Die ouens was nogals lekker oopkop en ek en Oom Ferdinand kon hulle met ‘n paar idees stretch – Noag, Jona, die 3-verdieping wereldbeeld. Hoewel ek kon agterkom hulle weet eintlik nogals min, het ek ook gesien mens kan die geleentheid gebruik om hulle dan iets te leer. Dalk is dit goed dat ons kategesesisteem so afgewater geraak het. Nou weet ons kinders niks en nou kan ons hulle goeie goed leer. Hehehe! ;-)

Later het ons darem dit in die water gewaag, maar dit was aan die bitter koue kant. Interessant was dat Jan Kriel pers verkleur in die koue water en oranje vlekkies op sy kneukels kry. Hmmm.
Die middag se kant het ons met Oom Eddie-hulle gekonfereer en so ‘n bietjie gesels oor die aandprogramme en hoe ‘n mens dit nog meer gesinsvriendelik kan maak as wat dit reeds is. Daar was ‘n paar goeie idees wat ek en Jan Bekker nogal lus is om uit te toets. Maar dit gaan beslis meer voorbereiding vat as gewoonlik.

Die aand het ons gaan fliek. Niemand kon UP gaan kyk nie, want dit was uitverkoop (die volgende dag ook! Twee shows na mekaar!). Teen die einde van die aand het ons in Panarotti’s beland waar ons brood en Balsamiese asyn uitprobeer het. Party het daarvan gehou, ander nie…

Later die aand was dit weer tyd om te wys wie is bobaas in 30 Seconds. Ons het die spanne ordentlik geskommel en hierdie keer was daar vier spanne: Ek & Wiam, Jan Bekker & Jan-Paul, Jan Kriel & Karlie, en Lizahn & Oom Ferdinand. Die speelveld was baie gelyker hierdie keer, maar ek en Wiam het deurgedruk en op die ou einde met iets soos 7 blokkies geseevier. Ek like dit niks om in daardie game te verloor nie…ek is ‘n klein bietjie trots op my algemene kennis. Waar ek op name of plekke of goeters afkom wat ek nie ken nie, gaan Google ek dit. Hoe anders gaan jy uitvind wie of wat dit is?

Dinsdag was weer rustig en met die oggend se reen wat ons binnemuurs gehou het, het ek en Oom Ferdinand die groep bymekaar gekry en begin gesels oor die “geestelike” sy van die hele uitreik – die tema van “Back 2 Basics” en die teks uit 1 Korintiers 5 wat daartoe aanleiding gegee het. Die gesprek het gevloei in die rigting van: “Maar hoe lei ek iemand tot bekering? Hoe deel ek my geloof met iemand wat my daaroor uitvra? Hoe lyk my eie bekeringstorie – moet dit hierdie heavy special effects-besigheid wees, of kan ek maar my gewone verhaal vertel?”

En toe kom die awesomeste goed los:
“Daar was ‘n oom wat op gekniel het om te bid en ek het geweet ek is te trots om dit te kan doen. Daardie aand het die verskil gekom.”
“Ek was by ‘n Bybelskool gewees een vakansie…”
“My jeugwerker en ‘n vriendin het saam met my gebid…”
“My ma het my vertel ek kan self kies of ek Jesus wil volg of nie…”
“Ek het altyd daai ‘gevoel’ gesoek wat mens veronderstel is om te kry as jy ‘jou hartjie vir Jesus gegee het’, maar dit het nooit gebeur nie – maar baie later het ek saam met goeie vriende gesels oor die seer in ons lewe. Ons het saam gebid en tydens daardie opvolgende stranddiens het die verskil regtig gekom…”
“My ma het van kleins af saam met my gebid en een aand toe ek 6 jaar oud was, my tot oorgawe aan Christus gelei…”
“Een keer het die Kinderkerk-tannie gevra wie is onseker. Ek was 7, heel voor in die ry en het my handjie opgesteek. Toe ek omkyk, sien ek dat ek die enigste een is! Sy het my pa, wat ‘n sendingdominee is, gebel en daardie aand het ek sekerheid gekry…”
“Een aand tydens die Jeug-Tot-Jeug-beweging op ‘n koue pawiljoen in Pietersburg het Oom Malan Nel gepreek en later daardie aand het ‘n gewone ou saam met my en my groep vriende kom bid…” (10 punte vir die een wat reg raai wie s’n die een was! ;-) )

Awesome “dun plek” – Leisure Bay Villa 28, 29 September 2009.

Weer ‘n bietjie swem, weer ‘n bietjie touchies, weer ‘n bietjie siel skoonmaak op die rotse naby die kruis.
Ek is mal oor daardie plek. Ek connect met God daar.

Randoms van die paar dae:
* Jan Kriel se “K” is eintlik ‘n “silent K”, so jy spreek dit uit “Jan Riel”
* So Afrikaans soos “Pavement”
* Ek sien iets met my kleine kleine ogie wat met ‘n X begin…X-road!
* Mens kan Cheese Puffs eet as dit in iemand anders se mond was (euww!!)
* Daar is nie genoeg dans-movies wat op DSTV gewys het aan die einde van September nie.
* Vaseline is nie ‘n lubricant nie
* Die spices op die slapchips by die restaurant brand, maar die tamatiesous smaak soos koljander
* Pampers is Katkos
* Jan Kriel weet nie watse diere “miaau” nie
* Die Uniegebou is die basis van die Suid-Afrikaanse Weermag
* Apies sal enigiets doen vir aandag
* Niemand se vingers is invincible nie, maar Jan Kriel s’n is soos spykers (maar nou weet hy hoe voel ‘n long)
* Karlie behoort aan Wiam, nie andersom nie
* Jy mag nie onder 18 wees en in die smoking section by die Wimpy by Southcoast mall sit nie, selfs al rook jy nie – die polisie sal verbyry en jou daar sien
* Die pasta was lekker, maar dit was nie baie moeilik om te maak nie

Ek weet. Ek werk saam met awesome mense. Hoekom moet ek waai?

Place-sharing in die gym September 23, 2009

Posted by tiaan in Reality, Relationships, jeug, kerk, youth.
2 comments

Dis nou die 3e week dat ek saam met een van die tieners in ons gemeente gaan gym het. Crazy, want hy gym al vir soos 2 jaar en ek nie, so jy kan jou net voorstel hoe ek die eerste paar dae gevoel het! Maar ek het die gymfooie betaal en die Weider Amino 6000’s gekoop en myself nou gecommit, so hier gaan ek elke middag om 14h40 en speel tussen die ysters rond. Onder die wakende oog en met behulp van my vriend, natuurlik.
Vandag kon ons nie op dieselfde tyd gaan nie as gevolg van various redes. En vir my is ‘n gym maar altyd bietjie van ‘n intimiderende plek om alleen aan te durf. ja, ja, whatever dot com.

So toe ek daar aankom, sien ek een van die ander outjies wat ek nou al so deur die loop van die tyd leer ken (lees: groet) het. Almal groet gewoonlik almal in die gym, jy sien dieselfde mense elke middag en leer gou-gou ‘n paar nuwe name en gesigte ken – die ander hoofrede hoekom ek nou besluit het om daar uit te hang.

Vandag toe begin ek en die ou te gesels. hy was vanoggend in die saalopening wat ek by sy skool waargeneem het en hy het vir my kom se dat dit vir hom nice was (ek is bly dit was nice, ek sal blyer wees as hy dit onthou en actually iets daaromtrent doen! ;-) ). Ek het eers 2 dae gelede uitgevind wat sy naam is. Hier begin ons chat en sonder om geforseerd te wees, deel ons iets van ons geloof met mekaar. Hy het vanoggend saam met my gebid nadat ek vir hom opsies gegee het oor hoe hy homself kan gedra die vakansie, en hy het my vanmiddag gewys hoe om twee liggaamsoefeninge te doen. Ons deel mekaar se plek sonder dat die een dit op die ander een afdwing.

Nie maklik nie, maar moontlik. Dis goed wat tyd vat. Jeugwerk is ‘n langtermyn investment, jy kan maak wat jy wil. Jy gaan nie vinnig ‘n kindjie bekeer met ‘n mooi Hillsongs-liedjie en nou dink hy of sy is gered en “alles is mooi, almal is gelukkig, almal is gehoorsaam aan die Here” nie. Jy gaan ure moet insit en nie afgesit word as jy nie onmiddellik hierdie massiewe resultate sien nie (soos in die gym, haha). Maar as jy bereid is om dit kans te gee en die reg verdien om ‘n tiener se plek te deel, word dit ‘n ervaring wat beide jou en die tiener se lewe verryk.

Programlose Tienerkampe – try dit, ek dare jou! September 9, 2009

Posted by tiaan in Blogroll, Life, Reality, Relationships, Vryheid, eksperimenteer, godsdiens, jeug, kampe, skole, vriende, youth.
Tags: , , , , , ,
add a comment

Ek en Cobus en ‘n paar ander het laas jaar begin eksperimenteer met kampe sonder ‘n vaste leier en programme. Okay, die leierlose-ding is seker nie heeltemal so feasable nie, maar die programlose-ding wel. Gaan lees op sy blog oor 20something en Open Space vir al daai details.

Vroeg vanjaar wou ek, soos dit ‘n goeie jeugwerker betaam, ‘n avontuurkamp vir die tieners in ons gemeente hou. Ons datums het geclash met die rugbyweek en die ding het deur die mat geval. Dit sou seker ‘n goeie kamp gewees het, met al die verpligte aktiwiteite oos abseil en laetoubane en al die goed wat ons ken. Ek het nie pyne met dit nie, ek like dit! Maar die ding het net nie op daardie stadium, in April, uitgewerk nie.

So toe ons nou weer begin praat in die rigting van ‘n kamp, het die tieners my baie duidelik laat verstaan dat ons nie te veel aktiwiteite moet inwerk nie. Ek is in elk geval al lankal op die Ervaringsleer-band wagon, so ek het in anyway nie lesings in my kop gehad oor die 15 Goeie Geestelike Grondbeginsels of die Eskatologiese verstaan van Openbaring 11-18 met die wegraping as fokus nie. Wie is nou lus om op ‘n perfekte Saterdagoggend na ‘n boring lesing te luister as jy in ‘n rivier kan gaan swem?!

So tref ons toe ons reelings en so is Chillax-kamp gebore (waar jy kan “Chill” en “relax”). Die doel van die kamp: ontspan, rus, kuier, speel! Die reels van die kamp: alles is opsioneel – van opstaantyd tot deelname tot etes tot stort (alhoewel die meeste die laaste een as ‘n ongeskrewe verpligting hanteer het, gelukkig!). Al wat vooraf vas op die program was, was die Vrydagaand se lanternbekruip – wat ook opsioneel was.

En dis presies wat gebeur het! Ons het Vrydagmiddag by Matatane River Lodge aangekom, Wykie Swanepoel-hulle se pragtige plek en byna onmiddellik afgesuiker rivier toe. Asemrowend! Ja, dit het nog nie baie gereen nie, so die rivier was nie vol nie, maar die kranse en die bosveld en die water het dit prentjiemooi gemaak. En ons het dadelik begin speel! Wat ‘n plesier, wat ‘n voorreg om saam met sulke mooi jong lewenslustige tieners te kan jol en mekaar te kan duik en in die water te kere te gaan!

Ons is teen sononder terug kampterrein toe. Geen vaste etenstyd nie, het ons ons deur ons mae laat lei na die bakke pasta wat ons die middag in Vryheid reeds gemaak het. Heerlik.

Die jonger latte het self die vuur aangesteek en die plek reggemaak vir ure se kuier rondom die gloeiende kole. Almal was gesettle, gemaklik en jy kon vir ‘n slag vergeet van skool, jou ouers, druk van jou vriende, druk om te presteer, verantwoordelikhede…net wegkom.

Later het ek sekerlik een van die snaaksste lanternbekruipe in my lewe gesien. As mense dink dat hulle minder sigbaar gaan wees op ‘n volmaanaand deur hulle klere uit te trek en in hul onderbroeke op die lantern te pounce, moet jy weet: hier kom groot sports! Bitterlik snaaks!

Later is daar Mafia gespeel en musiek geluister en gekuier en gelag en National Geographic-tipe foto’s geneem van paddas wat besig is om te paar (op ‘n kerkkamp! My magtag!). Ek weet nie hoe laat ons gaan slaap het nie.

Saterdag het ons opgestaan soos die Gees en ons lywe ons gelei het. Daar is gebrunch en na die Springbokke se toets gekyk en dit het veroorsaak dat ons natuurlik eers moes gaan kalmeer deur by die rivier en die foefieslide uit te kom – al was die pad na die foefieslide ‘n bietjie bundu-bashing.

Die aand het ons gebraai, elkeen sy eie braaipakkie, en ons het gekuier en gelag en musiek geluister en ‘n reuse handjietennis toernooi met ‘n huge sagte bal gehad.

En ons het WEER gaan lanternbekruip – ander spanne, ander spot…net soveel sports! Daar was mense wat deur die rivier se vlak water geleopard crawl het en ‘n ander ou wat besluit het om vir die res ‘n trench te bou, daarteen besluit het en homself toe daarin begrawe het sodat net sy kop uitsteek en hy die ander kan skrikmaak!

Nog rondes mafia is gespeel, baie potte skaak en eventually het almal in hul chalets uitgekom en in die bed neergeval. Ons het 4 per chalet geslaap en dit het wonderlik gewerk.

Sondagoggend moes ons egter vroeg opstaan om betyds terug in Vryheid te wees om ‘n mimiek in die erediens te doen, maar dit was al drawbac. Ons sou dalk volgende keer eerder later terug gecruise het dorp toe, dan kon ons rustiger opstaan en klaarmaak.

Wat is die punt van hierdie kampe? Om kinders te vermaak? Nee, want dit het hulle sommer self gedoen. Om geestelike waarhede oor te dra? Wel, sonder lesings – na die eerste lanternbekruip het ek hom baie ligweg gereview. Die kinders het self by die ding uitgekom dat, net soos lanternbekruip, kan jy nie kerkwees alleen doen nie. Awesome. Is die doel om verhoudings te bou? Beslis, ja! Daar was 2 ouens saam wat nie regtig deel was van ons jeuggroep voor die tyd nie, maar wat van die kinders van skool af geken het, en dit was great om hulle te sien inskakel. Ook met van die tieners wie se ander vriende ‘n bietjie meer aan die scruff kant is. Dis goed om vir hulle die opsie te kan gee dat ‘n mens jouself kan geniet sonder sigarette, drank en dagga.

Daar was twee couples op die kamp en hulle het gewys hoe gesonde Christentiener couples kan optree. Ek was nie een keer regtig bang dat hulle iewers in ‘n chalet die lakens gaan deurmekaar maak nie. Nie omdat hulle kamtig engeltjies is nie, maar omdat ek weet dis nie die soort verhoudings wat hulle het met mekaar of met my nie.

Kan programlose kerkkampe, waar ‘n mens nie een keer Bybellees nie en net bid voordat jy eet, werk? Ek dink so. Ek kon die naweek in die naam van my gemeente ‘n ruimte skep waar tieners kon ontspan en wegkom en rus en fellowship geniet, sonder om “kerkerig” of dweperig te wees.

En dit is awesome.

Luidkeels 3 Oorgegee Road Trip en Marcus Borg se “Jesus” July 27, 2009

Posted by tiaan in Ervarings, Friends, Jesus, Life, Reis, Relationships, Suid-Afrika, Vryheid, books, godsdiens, jeug, kerk, music, musiek, religion, vriende, youth.
Tags: , , , , , ,
add a comment

Okay, die titel mag dalk suggest dat die twee in hierdie post iets met mekaar uit te waai het, maar dit het nie regtig nie, behalwe dat ek die Borg-boek tydens dieselfde naweek gekoop het. Dit sal dalk later meer met mekaar te doen hê!

Ons het die afgelope naweek van 26 Julie 2009 met ‘n spul tieners hier van Vryheid af Pretoria toe geroad trip vir Retief Burger en Luidkeels se derde cd/dvd-opname, getiteld Oorgegee, te NG Moreleta Park. Wat ‘n ervaring! Behalwe vir die opname, wat uitstekend was, was dit vir my ook ‘n voorreg om saam met hierdie tieners dit te kon deel. Nie almal is op dieselfde plek geestelik nie, onviously, maar dit was vir almal iets besonders. Of so glo ek, te oordeel aan die terugvoer en stories na die tyd. Veral van die een outjie wat in die week vir my gesê het hy het nog nie heeltemal honderd persent geloofsekerheid (om nou maar die taal wat ons praat te gebruik) nie.

Die musiek was van hoogstaande gehalte, soos ek verwag het. En ou Retief beïndruk my al hoe meer. So ‘n paar jaar gelede het ons na hom geluister toe hy by ‘n predikante-winterskool so ‘n sessie oor kerkmusiek gedoen het en hy het ‘n paar goed oor die Fakulteit in Pretoria kwytgeraak wat ons op daardie stadium (midde-in die Jurie Le Roux-Dirk Human-Julian Muller-saga) glad nie goed opgeneem het nie. Dit het my ‘n bietjie skepties teenoor die man gelaat, laat ek nou maar bieg. Maar vandat ek twee jaar gelede by Luidkeels Hersien se opname was, het ek ‘n ander deuntjie begin sing (pun intended!). Toe hulle in Mei vanjaar hier in Vryheid opgetree het, het hulle my regtig oortuig van hulle integriteit en die afgelope Saterdag kon ek dus gelukkig sonder enige ugly vooroordeel geniet.

Daar was ‘n paar van die tieners wat op die laaste moes kop uittrek, of wat lankal iets anders aangehad het maar graag wou saam gaan, of wat op die end besluit het: ag, ek is nie lus nie, en later baie spyt was.

Vir my het dit egter oor meer as net die opname gegaan. Dit was die hele Road Trip-experience, want daar was mense saam wat nie eintlik in ons gemeente is nie en ander wat nie gewoonlik by ander jeug-aktiwiteite kan wees nie. Dit was lekker en spesiaal om in ‘n koue nag terug te ry Natal toe van Gauteng af en met 17-jarige seuns gesprekke te kon voer oor hoe ons ons Christenskap verstaan en watter impak die Bybel in ons lewens kan maak en doen. En om sommer net musiek te luister en grappies te vertel. En om, in die woorde van Andrew Root, sommer net “place” te “share”. Dit was cool.

Oor Marcus Borg se boek sal ek later seker in meer detail ‘n klomp goed kwytraak, maar vir eers net dit: ek het nog nie voorheen van hierdie boek gehoor nie, so ek is nie deur die titel beïnvloed nie. Okay, dis ‘n leuen, want die titel is Jesus en, wel, Jesus het my al baie beïnvloed, haha, maar ek is meer getrek deur die outeur. Ek het nog net The Heart Of Christianity deur Borg gelees, so twee jaar gelede. Dit was besonders, kom ons stel dit so. Ek het ‘n gevoel hierdie gaan ook wees. Hy pak die verskillende maniere oor hoe ons die Jesus-storie vertel netjies uit en maak ‘n mens bewus van waar jy so half en half staan, of nie staan nie, en waar jy overlap en goed. Ek sal graag dit wat hy sê, of die manier hoe hy dit beskryf aan ons tieners wil oordra. Ons taal waarmee ons oor Jesus en ons eie geloofslewe praat is só arm dat dit net goed kan wees. Want baie is al lankal oppad saam met Jesus, maar dink hulle moet nog ‘n sekere woordformule uiter om dit offisieel te maak of iets.

Ons Christene is eintlik maar ‘n weird spul. Ek meen, waar ry jy op een dag byna 900km heen en weer net om saam met iemand te sing oor Iemand wat jou lewe verander?

“Mango, mango…!” July 20, 2009

Posted by tiaan in Ervarings, Relationships, jeug, vriende, youth.
1 comment so far

Dit was weer tyd vir Skoolverwisselingskamp by Bad-Se-Loop aai-jaai-joegaai! En ek moet sê, teen die 3e keer wat ek daar gekom het, het ek regtig lief geword vir die plek.

Dit was ‘n kamp vol stories, soos kampe maar altyd is. Vol interessante karakters – mense met issues, bitches, snobs, tomboys, kakaanjaers, teologie-studente, kitaarspelers, uitslippers, emo’s en jocks. Daar was ook baie pranks – klokke wat in die middel van die nag onverklaarbaar lui, onderklere wat onverklaarbaar wegraak (of nie), suiker wat in slaapsakke beland en grawe wat teen mekaar geslaan word om mense wakker te maak. Hmm? :?

Baie grappe is gemaak, veral in die Romeinse baddens en veral die een spesifieke aand saam met die manne (“daai is 5 shots!”). Thanx ouens, ek glo nie ek sal dit sommer vergeet nie!

Daar was baie slogans en goed wat geskree is, om maar ‘n paar te noem:
“A jo ba joe!” – Wilke en TKG
“Ons is vrot, ons is vrot, ons steel jou kind se pop, Borrievrotters!” – Leje en die Borrievrotters
“Pinka Pinka Kroka Kroka Tryyyyyyyyssss!” – Henmar, Ernest en die Pinkakrokatry’s
En natuurlik:
“Mango, mango! Veselperske…” – Derrick en almal

Daar is ‘n oorspronklike nuwe liedjie geskryf en selfs ‘n mimiek op dit uitgewerk (dankie aan Lance en die Silkesnakes) – baie cool. Ons het ook vir Zing ontmoet en ‘n paar sappige stories uit sy lappopmond gehoor.

Daar sal vorentoe seker nog baie reflect word op hierdie spesifieke kamp. Dalk omdat ons besef het ons weet nie regtig hoekom ons sekere dinge doen nie. Dalk omdat ons goeie verhoudings gebou het en tog die waarde van die hele endeavour insien. Dalk omdat nuwe vriende gemaak is en awesome experiences gedeel is.

Ek hoop meer mense kan dieselfde soort ding beleef. Ek voel bevoorreg en geseënd.

17 Again, Forever Strong & Amadeus June 18, 2009

Posted by tiaan in God, Life, jeug, movies, religion, rugby, schools, skole, sports, stories, youth.
Tags: , , , , , , , , , , , , , , , , ,
2 comments

Drie movies wat ek die afgelope rukkie gekyk het: ‘n teen-erige movie, ‘n Amerikaanse rugby-movie (waar hulle die Haka doen???) en ‘n meesterstuk oor die lewe van die befaamde komponis. Gebalanseerd, huh?

17 Again met Zac Efron en Matthew Perry het my bo verwagting beïndruk. Ou Zac, al lyk hy nou nie regtig meer soos ‘n hoërskoolkind nie, se spel was actually heel skaflik, hoewel ek dit tog sal like om hom in ‘n fliek te sien waar hy nie ‘n basketbal op sy vingerpunte rondtol of dat basketball enigsins in die fliek is nie (Hairspray tel nie). Maar daar was goeie elemente in die fliek en saam met Juno dink ek behoort ‘n mens eers dit vir tieners te wys voordat jy begin praat oor hoërskoolseks en -swangerskappe. Dis snaaks en breek die ys gemaklik sodat gesprek openlik kan volg sonder om geforseerd oor “die daad” of “die bytjies en die blommetjies” te praat. Sal graag wil sien hoe dit werk!

Dan, Forever Strong met Sean Faris: trust die Amerikaners om ‘n ordentlike rugby-fliek te maak voordat ‘n regte rugbyland soos Engeland, Australië of, wel, selfs SA dit doen (Bakgat! was meer ‘n teen movie as ‘n rugbyfliek en Number 10 moes net nooit gebeur het nie!).
Ek het hiervan gehou, omdat dit uiteindelik iets is waarmee SA seuns kan relate. Omdat ek self baie belangstel in die ontwikkeling van rugbyseuns, kyk ek gereeld na goed om te gebruik. Classic voorbeelde is soos Remember The Titans, wat rassisme, spangees en transformasie aanspreek, Gridiron Gang en natuurlik Friday Night Lights (die series) wat menslike issues tussen spanlede hanteer.
Maar nou is daar ‘n rugbymovie, yay! Ook baie oor spangees, realities, pa-seun-verhoudings, attitude…al daai dinge. Iets oor die movie wat ek nie lekker kon kleinkry nie (maar dalk moes ek fyner geluister het), is die konneksie met New Zealand, want daar was baie gemaak van Maori-woorde vir familie en sulke goed. Ook, natuurlik, die plek van die Kiwi’s se HAKA, wat ek vreemd gevind het vir iets wat in Utah, VSA afspeel. Dit was tot ‘n mate lekker om te hoor hoe die Yanks “Ka mate ka mate koro koro!” skree, want wat de hel, maar ek sou net graag ‘n verduideliking wou kry vir die link. Niks fout daarmee nie, ek het dit net nie gevang nie. Maar, soos die een girl tereg opgemerk het: “Die Amerikaners wat daarna sou kyk, sou dit nie eens agtergekom het nie.” True.
Maar, ‘n goeie movie. Sal dit baie graag saam met die rugbyseuns wil kyk. Die gesprekke daarna behoort awesome te wees. Ook omdat dit waardes soos respek vir jou span en abstinence van slegte gewoontes soos drinkery en drugs en hoërskoolseks voorhou. Dankie aan die producers!

En dan: AMADEUS.
Nou, ek wou al lankal na hierdie fliek van Milos Forman kyk omdat dit so hoog aangeslaan word en oor die naweek het ek die Director’s Cut teen R80 raakgeloop en dit aangeskaf. What a movie! Ek dink, aan die een kant, ly ek nog steeds ‘n bietjie aan bomskok. Want hoe baie van ons is nie maar soos Salieri nie, wat ons lewens devote om reg te leef, en die gebed dat ons met talente geseën gaan word, maar dat dit dan nie regtig gebeur nie? Ek dink dit het te make met ons modernistiese/post-modernistiese wêrelduitkyk van : “You’ll get what is coming to you”, “what goes around, comes around”, “wat jy saai sal (of eerder, MOET) jy maai”…ons leef in die ding van dat ons moet kry wat ons verdien. As jy ‘goed’ leef, verdien jy ‘goeie dinge’. As jy ’sleg’ leef, verdien jy ’slegte dinge’. Ons vra dikwels die vraag: “Why does bad things happen to good people?” Terwyl ons dit ook kan omdraai en vra: “Why does good things happen to bad people?” !
Maar talente en seëninge werk nie volgens ‘n prestasiekalender nie. Op die ou einde moet jy die beste maak met dit wat jy gekry het, sonder om jaloers te wees op dit wat ander bereik het. Natuurlik kan jy daaruit leer, ja, maar jou jaloesie op hul geseëndheid moenie die oorhand kry nie. Makliker gesê as gedaan, of hoe? ;-)
Terloops, ek dink ook nie Salieri was so opreg in sy gebed dat hy “net saam met God in Sy glorie wil deel deur die musiek wat hy vir Hom wil maak” nie. Ek sê nie dit is die rede dat hy nie so geseënd soos Mozart was nie, maar ek dink nie ons moet ooit probeer om in God se glorie te deel nie. Dis kind-of Syne alleen…gebruik jy net die talente wat hy vir jou gegee het ten volle en los Hom om jou te bless op Sy tyd en op Sy manier. Sy glorie is Syne…

Laastens: is Hollywood opreg besig om hulle morele wortels te ontgin, of spring hulle net op ‘n bandwagon wat deur flieks soos Fireproof gedryf word? 17 Again promote abstinence, Forever Strong sê dis sleg om te drink en te rook as jy sport speel en Ghosts of Girlfriends Past het ‘n ding teen om met girls te mors. What is up?

Een oggend in die saal se voorportaal… June 10, 2009

Posted by tiaan in Life, Relationships, Suid-Afrika, choices, doop, godsdiens, jeug, kerk, skole, vriende, youth.
Tags: , , , ,
add a comment

Dit is ongewoon koud en reënerig vir Junie-maand in V**. ‘n Groep matrieks staan in die voorportaal van die saal en huddle om ‘n bietjie warmer te word voordat hulle die tweede eksamensessie van die dag, Tegniese Tekeninge, aanpak.
“Wat maak daai kinders by die hoof?”
“Hulle het sulke vuurhoutjie-boks bomme gemaak,” antwoord Willie.
“Hoe werk dit?”
“Jy vat die vuurhoutjies…” begin hy verduidelik. Die ander luister geamuseerd.
“Ek hoor jy het ‘n bietjie aksie by die kerk Sondag?”
Willie knik so half instemmend.
“Wat doen jy by die kerk Sondag?” vra Anton.
“Ek word Sondag aangeneem,” antwoord Willie. Hy glimlag so half as hy dit sê.
“Moes jy nie die eerste Nagmaal-Sondag na ons aangeneem gewees het nie?” vra Anton weer.
“Ek kon nie daar wees nie, ek was by kompetisie,” verduidelik Willie.
“Dit maak in anyway nie saak wanneer nie. Hy doen dit mos nou. Ek sou graag daar wou wees, ou.”
Hy glimlag weer so half, en draai dan weg om ‘n papier of iets wat op die grond lê in ‘n asblik te gaan gooi. Wat sê daai glimlag? Is hy verleë? Is hy trots? Is hy opgewonde? Is hy onseker? Want ek weet ook dat hy Sondag gedoop word, tesame met sy aanneming en voorstelling/belydenisaflegging of wat jy dit ookal wil noem.

En dit is vir my hartseer dat hy al sy vreugdes en al sy probleme vir homself hou…

Swaarkaliber Springhaasjag en Reverse Mentoring May 18, 2009

Posted by tiaan in Ervarings, Life, Reality, Suid-Afrika, Vryheid, afrikaans, animals, jeug, sports, vriende.
Tags: , , ,
add a comment

So twee naweke gelede het ek saam met twee van my jeug-vriende (hulle is my vriende, eintlik meer soos broers, maar hulle is in ons jeug) springhase gaan jag. Nie jaag nie, jag. Dit was laat een Saterdagaand, na al die Super 14 wedstryde gespeel was en dit was die hele dag reënerig en winderig. Toe ons uiteindelik die aand uitgegaan het, was dit bitter koud.

Gelukkig help dit om so twee windbreakers bo-oor mekaar aan te trek, veral as jy in ‘n rhino ry. Die goed het mos nie vensters of niks nie, so die koel naglug het ysig op ons gesigte gespeel.

Nou hoekom swaarkaliber? Want ons het met ‘n 30.06 gaan jag. Okay, vir party mense is daar seker niks snaaks daaraan nie, maar ek is gewoond om sulke lawwe goed met iets soos ‘n .22 of hoogstens 243 die hiernamaals in te blaas. Dis nou wanneer hulle nie sommer geskop of teen ‘n bakkie se wiel geslaan word nie (die DBV gaan my seker kom toesluit hiervoor..!).

Maar okay, ek maak nie die reëls nie, so hier is ons die koue, donker nag in met die geweer, ‘n pak patrone, ‘n klein spotlight en twee sterker skietlampe, op soek na klein, harige, langoor ongediertes wat raaplande en ander gesaaides verniel.

Behalwe dat ons op die ou end net twee hase kon plattrek (albei pensskote), was dit eintlik ‘n opwindende, lekker aand. Dit was ook ‘n aand waar reverse-mentoring weer eens vir my so duidelik soos nog iets geword het. Hoewel ek weet hoe om met ‘n geweer te werk en nie nervous rondom die goed is nie, het ek eintlik lanklaas gejag, veral in die aand (en my sig is dan op sy slegste). Dit was duidelik hoe die rolle omgeruil het tussen my en my vriend op wie se plaas ons was. Al is ek gewoonlik die ‘jeugwerker’/'mentor’, was hy die een wat die shots geroep het, wat bestuur het, wat die leiding in die situasie geneem het.

En dit was vir my goed. Want dit is sy terrein, is dit nie? En is die hele mentor-ding, soos ek dit verstaan, nie juis ‘n plek waar ons albei by mekaar kan leer, eerder as wat ons net in ‘n leermeester-leerjong situasie staan nie? Mentoring is tog ‘n verhouding waar die “mentor” die “mentee” sekere skills leer, maar ook bereid is om deur die “mentee” sekere skills geleer te word in ‘n area waar die “mentor” nie oor die nodige kennis beskik nie.

Dis lekker om dit saam met jongmense te kan doen. Dis opwindend. Try dit, ek dare jou.

Los my maatjies uit! March 5, 2009

Posted by tiaan in Ervarings, Jesus, Suid-Afrika, church, church, religion, Jesus, prayer, godsdiens, jeug, kerk, skole, theology, youth.
8 comments

Ek wens soms ons was nog in die laerskool en dat jy vir ‘n ou soos Sarel van der Merwe wat ander mense se name sleg maak kon sê: “Los my maatjies uit!” of hom na die hoof toe vat en sê hy boelie jou. Want dit is basically presies wat hy doen. Maak my kwaad om te sien wie die nuutste ouens is wat vir hulle wickets moet keer net omdat dié betrokke dvd-maker en sy tjomme so besluit het.

Dit geld natuurlik vir almal wat die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria, sy/haar studente en sy/haar dosente so met agterdog bejeën en hulle aanval. Hoe is jy op die skoolgronde geleer? maatjies maak nie so nie!

Imagine gou iemand wat jy glad nie ken nie storm op die speelgrond op jou af en dring aan om by jou te weet: “Glo jy dat Mnr. Van der Merwe fisies, liggaamlik en letterlik die skoolhoof is????” ;-)

Ek was die afgelope 3 dae op ‘n predikantekonferensie van die Natase Sinode by Drakensville. Hoe lekker om te netwerk, met ou en jong predikante te chat en hulle drome vir hul bediening en die lewe te hoor! Dis iets wat ek op Fakulteit geleer het: jy hoef nie die wiel elke keer van vooraf te ontwerp nie – vra iemand waar is die tyre-plek.

Jeugwerk – soos in die ou dae… February 11, 2009

Posted by tiaan in Vryheid, jeug, kerk, schools, youth.
add a comment

So, vir die wat nie weet nie, ek is terug van Disney af na net twee weke. Dit was nie hulle nie dit was ek, dit is beter as ons net vriende is, lang afstandverhoudings is nie vir my nie, dinge het net nie uitgewerk nie, warra warra warra. mail my as jy die hele storie soek.

Anyhoo, ek is terug in Vryheid en werk as Jeugpredikant. Dit involve ook om by die drie hoërskole in die dorp as berader/life coach op te tree en CSV’s en dinge by te woon.

By Hoërskool Vryheid sit ek in die Voorligting-juffrou se kantoor, gerieflik by ‘n lessenaar met toegang tot die kinders se lêers, as dit nodig is om bietjie agtergrond oor ‘n kind wat my kom spreek te verkry. Ek het ‘n hele dag daar, en die onderwysers mind nie as ek die kinders tydens ‘n klas kom haal vir ‘n afspraak nie. Natuurlik nou met diskresie – ek los maar die Wiskunde en Wetenskap periodes eenkant! Maar dis lekker want ek kry lekker geinteract met die tieners. Ek is ook betrokke by hulle revue as AD (assistent director) so dit help baaie vir verhoudings bou.

By Hoërskool Pionier het ek ‘n uur ‘n week, tydens hulle admin-periode op ‘n Woensdag. Daar sit ek in die CSV-lokaal, so ‘n kleinerige kamertjie met sulke stoele al in die rondte, ‘n paar bean bags en dan so klein tafeltjie met Bybels, Jerigo-mure blaadjies en gebedstraktaatjies in. Dis ‘n bietjie weggesteek en ‘n uur is maar min, maar darem beweeg ‘n mens tussen die kinders en kan hulle jou fisies sien.

By Vryheid Landbouskool…word ek op hierdie stadium geforseer om hul CSV op ‘n Dinsdagaand te behartig. Which kinda sucks, want dan begin ek op ‘n 15-uur werksdag te hardloop op ‘n Dinsdag. Aan die anderkant wil ‘n mens natuurlik nie die werk wat alreeds onder hulle gedoen is en hulle entoesiasme demp en afskiet en goeters nie. So, catch-22!

Dan lê daar natuurlik nog kampe voor, want ‘n kamp is ‘n lekker ding maar mense dink ook ongelukkig dis ‘n magic-ding wat vanself gebeur sonder geld. En gepraat van geld – finansiële vergaderings, natuurlik…en kerke en geld – nou-ja, ons weet hoe dit gaan!

Jap. Dis lekker om deel te wees hiervan. Dinamies, opwindend, altyd besig…ek wens meer mense kon dit so sien.