jump to navigation

Voorspankamp en bekeringstories (oftewel, 30 Seconds terwyl dit katte en honde sous op TO Strand) October 1, 2009

Posted by tiaan in Ervarings, Stranddiens, TO Strand, Vryheid, jeug, kampe, kerk, redding, vriende, youth.
Tags: , , , , , , , , , ,
add a comment

‘n Paar van ons was van Sondag tot Woensdag (gister) as ‘n tipe van “voorspan” op T.O. Strand waartydens ons ‘n bietjie met Oom Eddie Fourie en sy vrou Estelle (die oord se bestuurders) gesels het oor wat waarskynlik ons 12de stranddiens in 10 jaar sal wees aan die einde van Desember vanjaar. Hulle was vriendelik genoeg om ons verblyf te verskaf – baie dankie daarvoor! Ons moes net self ons kos, brandstof en sakgeld hanteer.

Ons was 8 persone, my en Oom Ferdinand ingesluit. Dit was bietjie van ‘n cock-fest, met net twee girls wat saam was. Verder was dit net manne! En nee, ons het nie net gebraai nie – maar daar is die hele tyd met rugbyballe gespeel.

Die weer wou nie regtig saamwerk in terme van sonskyn nie, soos dit met die grootste deel van die land gegaan het die afgelope paar dae, maar dit het ons nie laat onderkry nie. Nadat ons Sondagaand High School Musical 3 gekyk het (dit was op M-Net, okay), was die ander braaf genoeg om vir my en Jan Kriel met 30 Seconds aan te vat. Shame. Ons het hulle omtrent gewaste! Ons het amper vir Wiam, Karlie en Jan-Paul gelap! Jan Bekker en Lizahn het beter gevaar, maar ons het nog steeds hulle gatte geskop.

Maandagoggend het ons manne aan die gesels geraak oor die geldigheid van die historisiteit van die Bybel en watse verskil dit maak of dinge nou werklik gebeur het soos wat dit daar staan en of dit nie het nie. Bitter interessante gesprek. Die ouens was nogals lekker oopkop en ek en Oom Ferdinand kon hulle met ‘n paar idees stretch – Noag, Jona, die 3-verdieping wereldbeeld. Hoewel ek kon agterkom hulle weet eintlik nogals min, het ek ook gesien mens kan die geleentheid gebruik om hulle dan iets te leer. Dalk is dit goed dat ons kategesesisteem so afgewater geraak het. Nou weet ons kinders niks en nou kan ons hulle goeie goed leer. Hehehe! ;-)

Later het ons darem dit in die water gewaag, maar dit was aan die bitter koue kant. Interessant was dat Jan Kriel pers verkleur in die koue water en oranje vlekkies op sy kneukels kry. Hmmm.
Die middag se kant het ons met Oom Eddie-hulle gekonfereer en so ‘n bietjie gesels oor die aandprogramme en hoe ‘n mens dit nog meer gesinsvriendelik kan maak as wat dit reeds is. Daar was ‘n paar goeie idees wat ek en Jan Bekker nogal lus is om uit te toets. Maar dit gaan beslis meer voorbereiding vat as gewoonlik.

Die aand het ons gaan fliek. Niemand kon UP gaan kyk nie, want dit was uitverkoop (die volgende dag ook! Twee shows na mekaar!). Teen die einde van die aand het ons in Panarotti’s beland waar ons brood en Balsamiese asyn uitprobeer het. Party het daarvan gehou, ander nie…

Later die aand was dit weer tyd om te wys wie is bobaas in 30 Seconds. Ons het die spanne ordentlik geskommel en hierdie keer was daar vier spanne: Ek & Wiam, Jan Bekker & Jan-Paul, Jan Kriel & Karlie, en Lizahn & Oom Ferdinand. Die speelveld was baie gelyker hierdie keer, maar ek en Wiam het deurgedruk en op die ou einde met iets soos 7 blokkies geseevier. Ek like dit niks om in daardie game te verloor nie…ek is ‘n klein bietjie trots op my algemene kennis. Waar ek op name of plekke of goeters afkom wat ek nie ken nie, gaan Google ek dit. Hoe anders gaan jy uitvind wie of wat dit is?

Dinsdag was weer rustig en met die oggend se reen wat ons binnemuurs gehou het, het ek en Oom Ferdinand die groep bymekaar gekry en begin gesels oor die “geestelike” sy van die hele uitreik – die tema van “Back 2 Basics” en die teks uit 1 Korintiers 5 wat daartoe aanleiding gegee het. Die gesprek het gevloei in die rigting van: “Maar hoe lei ek iemand tot bekering? Hoe deel ek my geloof met iemand wat my daaroor uitvra? Hoe lyk my eie bekeringstorie – moet dit hierdie heavy special effects-besigheid wees, of kan ek maar my gewone verhaal vertel?”

En toe kom die awesomeste goed los:
“Daar was ‘n oom wat op gekniel het om te bid en ek het geweet ek is te trots om dit te kan doen. Daardie aand het die verskil gekom.”
“Ek was by ‘n Bybelskool gewees een vakansie…”
“My jeugwerker en ‘n vriendin het saam met my gebid…”
“My ma het my vertel ek kan self kies of ek Jesus wil volg of nie…”
“Ek het altyd daai ‘gevoel’ gesoek wat mens veronderstel is om te kry as jy ‘jou hartjie vir Jesus gegee het’, maar dit het nooit gebeur nie – maar baie later het ek saam met goeie vriende gesels oor die seer in ons lewe. Ons het saam gebid en tydens daardie opvolgende stranddiens het die verskil regtig gekom…”
“My ma het van kleins af saam met my gebid en een aand toe ek 6 jaar oud was, my tot oorgawe aan Christus gelei…”
“Een keer het die Kinderkerk-tannie gevra wie is onseker. Ek was 7, heel voor in die ry en het my handjie opgesteek. Toe ek omkyk, sien ek dat ek die enigste een is! Sy het my pa, wat ‘n sendingdominee is, gebel en daardie aand het ek sekerheid gekry…”
“Een aand tydens die Jeug-Tot-Jeug-beweging op ‘n koue pawiljoen in Pietersburg het Oom Malan Nel gepreek en later daardie aand het ‘n gewone ou saam met my en my groep vriende kom bid…” (10 punte vir die een wat reg raai wie s’n die een was! ;-) )

Awesome “dun plek” – Leisure Bay Villa 28, 29 September 2009.

Weer ‘n bietjie swem, weer ‘n bietjie touchies, weer ‘n bietjie siel skoonmaak op die rotse naby die kruis.
Ek is mal oor daardie plek. Ek connect met God daar.

Randoms van die paar dae:
* Jan Kriel se “K” is eintlik ‘n “silent K”, so jy spreek dit uit “Jan Riel”
* So Afrikaans soos “Pavement”
* Ek sien iets met my kleine kleine ogie wat met ‘n X begin…X-road!
* Mens kan Cheese Puffs eet as dit in iemand anders se mond was (euww!!)
* Daar is nie genoeg dans-movies wat op DSTV gewys het aan die einde van September nie.
* Vaseline is nie ‘n lubricant nie
* Die spices op die slapchips by die restaurant brand, maar die tamatiesous smaak soos koljander
* Pampers is Katkos
* Jan Kriel weet nie watse diere “miaau” nie
* Die Uniegebou is die basis van die Suid-Afrikaanse Weermag
* Apies sal enigiets doen vir aandag
* Niemand se vingers is invincible nie, maar Jan Kriel s’n is soos spykers (maar nou weet hy hoe voel ‘n long)
* Karlie behoort aan Wiam, nie andersom nie
* Jy mag nie onder 18 wees en in die smoking section by die Wimpy by Southcoast mall sit nie, selfs al rook jy nie – die polisie sal verbyry en jou daar sien
* Die pasta was lekker, maar dit was nie baie moeilik om te maak nie

Ek weet. Ek werk saam met awesome mense. Hoekom moet ek waai?

Luidkeels 3 Oorgegee Road Trip en Marcus Borg se “Jesus” July 27, 2009

Posted by tiaan in Ervarings, Friends, Jesus, Life, Reis, Relationships, Suid-Afrika, Vryheid, books, godsdiens, jeug, kerk, music, musiek, religion, vriende, youth.
Tags: , , , , , ,
add a comment

Okay, die titel mag dalk suggest dat die twee in hierdie post iets met mekaar uit te waai het, maar dit het nie regtig nie, behalwe dat ek die Borg-boek tydens dieselfde naweek gekoop het. Dit sal dalk later meer met mekaar te doen hê!

Ons het die afgelope naweek van 26 Julie 2009 met ‘n spul tieners hier van Vryheid af Pretoria toe geroad trip vir Retief Burger en Luidkeels se derde cd/dvd-opname, getiteld Oorgegee, te NG Moreleta Park. Wat ‘n ervaring! Behalwe vir die opname, wat uitstekend was, was dit vir my ook ‘n voorreg om saam met hierdie tieners dit te kon deel. Nie almal is op dieselfde plek geestelik nie, onviously, maar dit was vir almal iets besonders. Of so glo ek, te oordeel aan die terugvoer en stories na die tyd. Veral van die een outjie wat in die week vir my gesê het hy het nog nie heeltemal honderd persent geloofsekerheid (om nou maar die taal wat ons praat te gebruik) nie.

Die musiek was van hoogstaande gehalte, soos ek verwag het. En ou Retief beïndruk my al hoe meer. So ‘n paar jaar gelede het ons na hom geluister toe hy by ‘n predikante-winterskool so ‘n sessie oor kerkmusiek gedoen het en hy het ‘n paar goed oor die Fakulteit in Pretoria kwytgeraak wat ons op daardie stadium (midde-in die Jurie Le Roux-Dirk Human-Julian Muller-saga) glad nie goed opgeneem het nie. Dit het my ‘n bietjie skepties teenoor die man gelaat, laat ek nou maar bieg. Maar vandat ek twee jaar gelede by Luidkeels Hersien se opname was, het ek ‘n ander deuntjie begin sing (pun intended!). Toe hulle in Mei vanjaar hier in Vryheid opgetree het, het hulle my regtig oortuig van hulle integriteit en die afgelope Saterdag kon ek dus gelukkig sonder enige ugly vooroordeel geniet.

Daar was ‘n paar van die tieners wat op die laaste moes kop uittrek, of wat lankal iets anders aangehad het maar graag wou saam gaan, of wat op die end besluit het: ag, ek is nie lus nie, en later baie spyt was.

Vir my het dit egter oor meer as net die opname gegaan. Dit was die hele Road Trip-experience, want daar was mense saam wat nie eintlik in ons gemeente is nie en ander wat nie gewoonlik by ander jeug-aktiwiteite kan wees nie. Dit was lekker en spesiaal om in ‘n koue nag terug te ry Natal toe van Gauteng af en met 17-jarige seuns gesprekke te kon voer oor hoe ons ons Christenskap verstaan en watter impak die Bybel in ons lewens kan maak en doen. En om sommer net musiek te luister en grappies te vertel. En om, in die woorde van Andrew Root, sommer net “place” te “share”. Dit was cool.

Oor Marcus Borg se boek sal ek later seker in meer detail ‘n klomp goed kwytraak, maar vir eers net dit: ek het nog nie voorheen van hierdie boek gehoor nie, so ek is nie deur die titel beïnvloed nie. Okay, dis ‘n leuen, want die titel is Jesus en, wel, Jesus het my al baie beïnvloed, haha, maar ek is meer getrek deur die outeur. Ek het nog net The Heart Of Christianity deur Borg gelees, so twee jaar gelede. Dit was besonders, kom ons stel dit so. Ek het ‘n gevoel hierdie gaan ook wees. Hy pak die verskillende maniere oor hoe ons die Jesus-storie vertel netjies uit en maak ‘n mens bewus van waar jy so half en half staan, of nie staan nie, en waar jy overlap en goed. Ek sal graag dit wat hy sê, of die manier hoe hy dit beskryf aan ons tieners wil oordra. Ons taal waarmee ons oor Jesus en ons eie geloofslewe praat is só arm dat dit net goed kan wees. Want baie is al lankal oppad saam met Jesus, maar dink hulle moet nog ‘n sekere woordformule uiter om dit offisieel te maak of iets.

Ons Christene is eintlik maar ‘n weird spul. Ek meen, waar ry jy op een dag byna 900km heen en weer net om saam met iemand te sing oor Iemand wat jou lewe verander?

“Mango, mango…!” July 20, 2009

Posted by tiaan in Ervarings, Relationships, jeug, vriende, youth.
1 comment so far

Dit was weer tyd vir Skoolverwisselingskamp by Bad-Se-Loop aai-jaai-joegaai! En ek moet sê, teen die 3e keer wat ek daar gekom het, het ek regtig lief geword vir die plek.

Dit was ‘n kamp vol stories, soos kampe maar altyd is. Vol interessante karakters – mense met issues, bitches, snobs, tomboys, kakaanjaers, teologie-studente, kitaarspelers, uitslippers, emo’s en jocks. Daar was ook baie pranks – klokke wat in die middel van die nag onverklaarbaar lui, onderklere wat onverklaarbaar wegraak (of nie), suiker wat in slaapsakke beland en grawe wat teen mekaar geslaan word om mense wakker te maak. Hmm? :?

Baie grappe is gemaak, veral in die Romeinse baddens en veral die een spesifieke aand saam met die manne (“daai is 5 shots!”). Thanx ouens, ek glo nie ek sal dit sommer vergeet nie!

Daar was baie slogans en goed wat geskree is, om maar ‘n paar te noem:
“A jo ba joe!” – Wilke en TKG
“Ons is vrot, ons is vrot, ons steel jou kind se pop, Borrievrotters!” – Leje en die Borrievrotters
“Pinka Pinka Kroka Kroka Tryyyyyyyyssss!” – Henmar, Ernest en die Pinkakrokatry’s
En natuurlik:
“Mango, mango! Veselperske…” – Derrick en almal

Daar is ‘n oorspronklike nuwe liedjie geskryf en selfs ‘n mimiek op dit uitgewerk (dankie aan Lance en die Silkesnakes) – baie cool. Ons het ook vir Zing ontmoet en ‘n paar sappige stories uit sy lappopmond gehoor.

Daar sal vorentoe seker nog baie reflect word op hierdie spesifieke kamp. Dalk omdat ons besef het ons weet nie regtig hoekom ons sekere dinge doen nie. Dalk omdat ons goeie verhoudings gebou het en tog die waarde van die hele endeavour insien. Dalk omdat nuwe vriende gemaak is en awesome experiences gedeel is.

Ek hoop meer mense kan dieselfde soort ding beleef. Ek voel bevoorreg en geseënd.

Retief Burger/LUIDKEELS en VERTIKAAL in Vryheid…Blou Bul Rugby…en Rassisme May 30, 2009

Posted by tiaan in Ervarings, Life, Reality, South Africa, Suid-Afrika, rugby, schools, skole, thought provoking stuff, youth.
Tags: , , , ,
14 comments

‘n Paar kort topics wat ek gou wil aanraak, net om hier en daar goeters rond te stir.

DISCLAIMER: hierdie entry is nie vir sensitiewe lesers nie.
Dis vandag die Super 14-finaal op Loftus Versfeld in Pretoria, ‘n uiters Blou Pretoria en ek wens ek was daar, maar in plaas daarvan het ons ‘n big screen in die kerksaal waarop ons die wedstryd gaan wys. Dit kombineer ons met ‘n bring-en-braai en VERTIKAAL se optrede ná die tyd. Maandagaand was Retief Burger-hulle hier gewees en dit was awesome. Daar is net ‘n klein sakie met ‘n skool wat kinders gehou het om vir ‘n mode-parade/big brag-ding te oefen en veroorsaak het dat hulle nie kon kom nie, al het hulle saam met ons baie daarna uitgesien. Maar ons sal daardie kinders saamvat wanneer ons Pretoria toe road trip vir die Luidkeels 3 cd-opname!

En, nog ‘n ding: julle kan maar sê alle Blou Bulle is tappit, maar elkeen van die driedrukkers laas naweek het met ‘n gebaar die eer aan God gegee vir hul talente en dit openlik op TV gewys. Daarom sal ek die span aanhou ondersteun, al boe die ander mense op die pawiljoen ook hoe.

Die rassisme-ding kom al van laas week af. Vir die wat nie weet nie, dis alive and kicking (and swearing). Ek het net maar weer beleef hoe verskillend mense gekondisioneer word, afhangende van die omstandighede waarin hulle is. Hoërskool Richardsbaai is een van 3 Afrikaanse hoërskole in KwaZulu Natal en tydens ‘n sportgeleentheid teen Hoërskool Vryheid (‘n parallel-mediumskool) het ons (VHS) daar by hulle gaan speel. Gedurende die dag sit ek saam met party van die kinders agter die een veld se rugbypale en kyk na ‘n wedstryd, met ‘n paar volwasse dames wat agter ons gesit het, op ‘n walletjie, so hulle was effens hoër as ons en hulle het op ‘n bankie gesit. Daar kom toe van die hokkie-ouens daar by ons aan en ons gesels toe oor hoe hulle wedstryd was. By ons het een van die swart spelers, Mpilo, gesit. Mpilo, ‘n gewilde leerling in graad 11, is in die Afrikaanse medium en het ‘n baie goeie verhouding met die wit inders – hulle is vriende en die wit kinders aanvaar hom ook so. Dis een van die voordele van ‘n dubbel- of parallelmediumskool: hulle leer kinders hoe om in die nuwe Suid-Afrika te kan funksioneer en goed te kan funksioneer ook!

In elk geval, die hokkie-ouens staan toe half voor die dames, wat mooi aangetrek is en eintlik heel ordentlik lyk) en een van hulle vra toe of die seuns sal skuif sodat hulle kan sien, wat die seuns toe doen.
Mpilo kyk toe heel onskuldig net om, om te sien wie daar sit.
“Wat kyk jy?” vra die een vrou ongeskik.
“Ek kyk vir jou,” kom Mpilo, wat nie op sy bek geval is nie, se antwoord.
Driftig spring die vrou op en storm nader.
“Gaan kyk vir jouself, jou fokken swart nerf. Jy is net ‘n fokken werfetter…”
“Jy is een, Tannie!” kom dit van Mpilo.
“Ag jy is fokol werd, jou fokken swart nerf…”
(gesprek verkort)
“Moenie so met my vriend praat nie, assebief!” probeer een van die wit seuns tussenbeide tree. As Mpilo se gesig wit van woede kon word, het dit.
“Kom ons loop net, ouens,” kry ek met moeite die ouens daar weg, Mpilo asvaal en duidelik diep seergemaak. Ons stap verby die kiosk na die pawiljoen toe, waar die ander “swart nerwe” van ons skool sit, om by hulle aan te sluit. Ek kry net gou eers vir Mpilo ‘n koeldrank om hom te kalmeer.
“Toemaar, Mpilo, daai vrou weet nie waarvan sy praat nie, hoor jy? Sy het nie ‘n idee waarvan sy praat nie,” probeer die een wit ou hom troos, maar dis duidelik dat Mpilo se gedagtes hom anders oortuig.

Julle kan sê wat julle wil, maar dis wat gebeur het. Eina. Terwyl die wit kinders, Afrikaanses en Engelses, in die een skool hulle bes probeer om dit te “maak werk” (amper soos daai girl gesê het aan die einde van Remember The Titans), gee party ander mense doodeenvoudig glad nie om nie. Terwyl die een spul by die omstandighede in Suid-Afrika aanpas en werk daarvan maak, trek die ander terug en haat nogsteeds “die fokken kaffers”…

Wat my laat wonder: aan watter kant van die draad staan jy?

Swaarkaliber Springhaasjag en Reverse Mentoring May 18, 2009

Posted by tiaan in Ervarings, Life, Reality, Suid-Afrika, Vryheid, afrikaans, animals, jeug, sports, vriende.
Tags: , , ,
add a comment

So twee naweke gelede het ek saam met twee van my jeug-vriende (hulle is my vriende, eintlik meer soos broers, maar hulle is in ons jeug) springhase gaan jag. Nie jaag nie, jag. Dit was laat een Saterdagaand, na al die Super 14 wedstryde gespeel was en dit was die hele dag reënerig en winderig. Toe ons uiteindelik die aand uitgegaan het, was dit bitter koud.

Gelukkig help dit om so twee windbreakers bo-oor mekaar aan te trek, veral as jy in ‘n rhino ry. Die goed het mos nie vensters of niks nie, so die koel naglug het ysig op ons gesigte gespeel.

Nou hoekom swaarkaliber? Want ons het met ‘n 30.06 gaan jag. Okay, vir party mense is daar seker niks snaaks daaraan nie, maar ek is gewoond om sulke lawwe goed met iets soos ‘n .22 of hoogstens 243 die hiernamaals in te blaas. Dis nou wanneer hulle nie sommer geskop of teen ‘n bakkie se wiel geslaan word nie (die DBV gaan my seker kom toesluit hiervoor..!).

Maar okay, ek maak nie die reëls nie, so hier is ons die koue, donker nag in met die geweer, ‘n pak patrone, ‘n klein spotlight en twee sterker skietlampe, op soek na klein, harige, langoor ongediertes wat raaplande en ander gesaaides verniel.

Behalwe dat ons op die ou end net twee hase kon plattrek (albei pensskote), was dit eintlik ‘n opwindende, lekker aand. Dit was ook ‘n aand waar reverse-mentoring weer eens vir my so duidelik soos nog iets geword het. Hoewel ek weet hoe om met ‘n geweer te werk en nie nervous rondom die goed is nie, het ek eintlik lanklaas gejag, veral in die aand (en my sig is dan op sy slegste). Dit was duidelik hoe die rolle omgeruil het tussen my en my vriend op wie se plaas ons was. Al is ek gewoonlik die ‘jeugwerker’/'mentor’, was hy die een wat die shots geroep het, wat bestuur het, wat die leiding in die situasie geneem het.

En dit was vir my goed. Want dit is sy terrein, is dit nie? En is die hele mentor-ding, soos ek dit verstaan, nie juis ‘n plek waar ons albei by mekaar kan leer, eerder as wat ons net in ‘n leermeester-leerjong situasie staan nie? Mentoring is tog ‘n verhouding waar die “mentor” die “mentee” sekere skills leer, maar ook bereid is om deur die “mentee” sekere skills geleer te word in ‘n area waar die “mentor” nie oor die nodige kennis beskik nie.

Dis lekker om dit saam met jongmense te kan doen. Dis opwindend. Try dit, ek dare jou.

Los my maatjies uit! March 5, 2009

Posted by tiaan in Ervarings, Jesus, Suid-Afrika, church, church, religion, Jesus, prayer, godsdiens, jeug, kerk, skole, theology, youth.
8 comments

Ek wens soms ons was nog in die laerskool en dat jy vir ‘n ou soos Sarel van der Merwe wat ander mense se name sleg maak kon sê: “Los my maatjies uit!” of hom na die hoof toe vat en sê hy boelie jou. Want dit is basically presies wat hy doen. Maak my kwaad om te sien wie die nuutste ouens is wat vir hulle wickets moet keer net omdat dié betrokke dvd-maker en sy tjomme so besluit het.

Dit geld natuurlik vir almal wat die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria, sy/haar studente en sy/haar dosente so met agterdog bejeën en hulle aanval. Hoe is jy op die skoolgronde geleer? maatjies maak nie so nie!

Imagine gou iemand wat jy glad nie ken nie storm op die speelgrond op jou af en dring aan om by jou te weet: “Glo jy dat Mnr. Van der Merwe fisies, liggaamlik en letterlik die skoolhoof is????” ;-)

Ek was die afgelope 3 dae op ‘n predikantekonferensie van die Natase Sinode by Drakensville. Hoe lekker om te netwerk, met ou en jong predikante te chat en hulle drome vir hul bediening en die lewe te hoor! Dis iets wat ek op Fakulteit geleer het: jy hoef nie die wiel elke keer van vooraf te ontwerp nie – vra iemand waar is die tyre-plek.

Op die hond se stert (is daar baie vlooie) en JOB raak STIL November 5, 2008

Posted by tiaan in Blogroll, Ervarings, God, Jesus, Kersfees, Suid-Afrika, acting, church, godsdiens, jeug, kerk, musiek, skryf, song and dance, theology.
Tags: , , , , ,
add a comment

Jap, so maak ek toe ná 6 jaar uiteindelik klaar met my teologie-studies. Ek wil nou nie te diep raak so vroeg in die oggend oor dit nie, maar hel yeah, dis lekker om klaar te wees!! Om Enrique aan te haal: “It was good, it was bad, but it was real.” ;-)
Wat cooler was as dit was die produksie wat ons die naweek op die planke gehad het, STIL, ‘n gemoderniseerde weergawe van die boek JOB. Die hoofkarakter is ‘n matriekmeisie wat dan deur haar ou afgesê word net voor die matriekafskeid, haar koshuisplek verloor en ook nie mediese keuring kry nie. Dan kom gee haar vriende vir haar “raad” wat haar net meer deurmekaar maak en op die ou end, wanneer sy vir God ervaar, raak sy rustig ten spyte van die onsekerhede van die lewe.
Mushy? ‘n Bietjie. Maar darem nie te veel nie. Te veel mush maak sulke goed soos trifle – baie deurmekaar! Die musiekverskeidenheid wat ons gebruik het was nogals wyd – Michael W Smith tot Straatligkinders tot Avril Lavigne tot Retief Burger tot Vangelis, to name but a few. Ook Vertikaal se song, STIL (wat na ‘n laaaaang gespook ons stuk se titel geword het!) en ons eindlied was.
Ligte, rookmasjien, strobes, sambrele, hoede, lappe, video clips, linte, poefkussings (beanbags)…daar was nie ‘n tekort aan props nie! En nou moet ek nog net die dvd bou – bietjie van ‘n challenge, want ons gaan twee verskillende aande se opnames moet integreer. Ek sien ook uit na die bonus disk, daar het baie snaakse goed vooraf gebeur!
Iewers deur die loop van Sondagaand se optrede was dit asof ek die “blue note” gehoor het – iewers het ons iets reg gedoen. Something just clicked en dit was goed! Die gehalte was regtig hoog en ek wens eintlik ons kon dit op ‘n groter verhoog met ‘n wyer speelvlak doen.
Nou kyk ek gisteraand na hoe daar vir ons gemeente se kategese kerskonsert voorberei word. Wat ‘n kontras! Eerstens is dit eintlik maar net die aankondiging van Jesus se geboorte aan Maria en die skaapwagters en die (3!) sterrekykers en Josef se weghardlooppoginkie en hulle aankoms in Bethlehem, met ‘n paar Kersliedjies uit die Liedboek tussen in. En natuurlik die verpligte mimiek op Jan De Wet se weergawe van “Hierdie Kind”. As jy dit ‘n mimiek kan noem, want oh my soul dit is bad. Dit is verskriklik bad! Op byna elke lettergreep word daar die een of ander direkte verbinde handbeweging gemaak, baie crappy ook! Ek het maar besluit om net niks te sê nie en myself uit dit uit te hou. Weet ook nie hoe die girl wat dit afrig al die hele jaar lank daaraan voorberei nie – daai sit ek en Annelie-hulle aanmekaar in ‘n week. Wil nie ons eie beuel blaas nie, maar ons het in 12 weke meer reggekry as wat hulle nou al van laas jaar af beplan! Hierdie Kersscript is ook totaal onverstaanbaar vir junior kategese kinders: “Maria het gewonder wat die begroeting kon beteken…dit wat in haar verwek is…ek het nog nooit omgang met ‘n man gehad nie…Wees gegroet, begenadigde…Josef wou haar nie in die skande laat kom nie…” Watter kinders (of volwasse lidmate! Scary, huh?) verstaan nog wat dit beteken? Of wat die sosio-historiese betekenis sou wees rondom Josef se situasie en al daai crap? Oh please.
Ja, ek weet, dit moet net mooi en oulik wees. Ja…in 1990! Want ja, in 2008 moet ons die Bybel vir ons kinders, jongmense, jong volwassenes, ouer volwassenes en bejaardes aantreklik en aanloklik maak, sodat hulle dit gaan wíl lees! Verbeeldingryke omgang met die teks…want dan word jy eintlik STIL voor die grootheid en almag van God en die wonder wat ons Sy Woord noem.

McBruce en Jakkie se troue September 8, 2008

Posted by tiaan in Bachelor's Party, Braai, Ervarings, Friends, Hoëveld, Life, Oos-Transvaal, Reality, Reis, Rietkuil, random, vriende, youth.
Tags: ,
add a comment

Een van die spesiaalste dinge wat ek gedoen het onlangs was om op my oudste vriend se troue te preek. Ek en McBruce en Andy Annandale (die twee boeties verskil net ‘n jaar,maar was in dieselfde graad op skool) kom al van 1991 af saam. So toe McBruce my vra om op sy troue te preek, moes ek net ja sê. Jammer Maartje dat ek jou gedrop het vir Jonk Live! Dit was nie my skuld dit was op dieselfde datum nie.

Anyway, so toe is ek twee naweke in ‘n ry Rietkuil toe, eers vir die bachelors en toe vir die actual troue. Die bachelors het ontaard in ‘n groot party, want die vrouens het van die kitchen tea af direk soontoe gekom en saam gekuier.

Die troue self was eintlik heel goed. Wat ook spesiaal was,was die feit dat dit die kerk is waarin my ouers getrou het en waarin al drie ons kinders gedoop is. Daar het gelukkig niks regtig verkeerd geloop nie, waaroor ek nogals bly is. En waaroor ek genip het, want teen 20 minute voor die troue was daar nog nie ‘n orrelis of ‘n versiering van ‘n dag oud in daai kerk nie…en ek en die dominee wat die bevestiging gedoen het (onthou, ek kan nog net op troues preek) het mekaar skaars 30 minute voor dit vir die eerste keer gesien.

Maar eind goed, als goed. Al was die bruid ‘n bietjie pregnant en al het sy die ring aan die bruidegom se verkeerde hand probeer sit, en al het die een biker-oom wat by die troue was my in die voorportaal van die skoolsaal waar die onthaal gehou was, gekry, diep met my gepraat(did I mention he is a spitter??? Handdoek, asseblief!) en die mense kort-kort gevra, haai, drink die dominee dan? En al het ons eers ná 01:00 die oggend uit die saal uitgegaan en al het ek vroeër die middag in die ergste stofstorm ooit op ons ou plaas rally gery…was dit ‘n pretty lekker troue.

Mozzeltof!

Immortality September 8, 2008

Posted by tiaan in Blogroll, Ervarings, Life, Reality, thought provoking stuff.
Tags: , , ,
add a comment

Ek was hier in die middel van Augustus by my oumagrootjie se 100ste verjaarsdag. Dis baie oud! Ek dink ek gaan op 85 op die laatste ‘n pilletjie drink en klaarmaak. Wat wil jy dan nog doen?Kyk hoe lank jy kan asem haal? Teen daai tyd moet ‘n mens darem al jou drome kind-of bewaarheid het, anders gaan jou liggaam jou anyway nie toelaat om dit te doen nie.

Maar okay, natuurlik was die hele naweek quite eventful, siende dat yours truly nog nooit Vanderbijlpark toe gery het van Pretoria af nie. Baie slim kyk ek net so vinnig op VeZA en sien ag ‘n mens ry net met die N1 en dan is dit iewers aan jou linkerkant. Groot fout…want daai pad vat jou regdeur die suide van Soweto! Natuurlik is ek mos ‘n bietjie paranoid oor swart mense op plekke wat ek nie ken nie (jammer!), so ek ry sonder om regtig by stopsrate te stop. Scary stuff! Maar ek kom toe gelukkig daar uit en kuier toe by my ouma en oumagrootjie. Laasgenoemde kan skaars nog praat en het my natuurlik glad nie herken nie. Ek was maar eintlik meer daar ter wille van my ouma, my ma se ma. Ek was die sole representative van daai kant van die familie (en my ma-hulle is 5 kinders! Wtf?) so in ‘n mate was dit nogals groot.

Terwyl ons in die kamer/saal in die ouetehuis is, was die een ou Duitse tannie wiese bed oorkant my oumagrootjie s’n is, besig om aan kanker te sterf. Haar kinders was daar, besig om haar goed op te pak en haar meubels uit te dra. Sulke dinge skok jou tot stilstand, as jy nie ‘n hart het vir oumense nie, en raak jou diep as jy ‘n gewone mens met gevoelens is. Daar is ons, met my oumagrootjie wat die volgende dag 100 word, en hierdie ander ou tannie wat hortend die laaste asem uitblaas.

Ons is vir ‘n rukkie na so ‘n sonkamer toe, waarna ek en my ouma gaan uiteet het by Panarotti’s. Raai wat speel op die radio? Celine Dion en die Bee Gee’s se Immortality. Surreal, om die minste te sê!

Die volgende dag was toe die verjaarsdag en ek het gekuier saam met familie wat ek nog nooit in my hele lewe gesien het nie – my ma se niggies. Heel lekker, mind you. Hulle het vir my gelukkig vroeër al die pad deur Alberton beduie, so die volgende ritte was beter.

Maar dit het by my bly spook: wat gee vir jou die Ewige Lewe? Sien, in dieselfde week het ek The Mummy 3 gekyk en daar is een plek waar die vraag byna verbatim so gevra word: “What must I do to get Eternal Life?”

Wat gee vir jóú die Ewige Lewe?

Immortality

So this is who I am,
And this is all I know,
And I must choose to live,
For all that I can give,
The spark that makes the power grow
And I will stand for my dream if I can,
Symbol of my faith in who I am,
But you are my only,
And I must follow on the road that lies ahead,
And I won’t let my heart control my head,
But you are my only
We don’t say goodbye,
We don’t say goodbye,
And I know what I’ve got to be

Immor-tality
I make my journey through eternity
I keep the memory of you and me inside

Fulfill your destiny,
Is there within the child,
My storm will never end,
My fate is on the wind,
The king of hearts, the joker’s wild,
We don’t say goodbye,
We don’t say goodbye,
I’ll make them all remember me

Cos I have found a dream that must come true,
Every ounce of me must see it through,
But you are my only
I’m sorry I don’t have a role for love to play,
Hand over my heart I’ll find my way,
I will make them give to me

Immor-tality (oh baby)
There is a vision and a fire in me (ohh)
I keep the memory of you and me, inside
We don’t say goodbye
We don’t say goodbye
With all my love for you
And what else we may do
We don’t say, goodbye

Loftus vir Jesus/Loftus for Jesus 19/07/2008 July 22, 2008

Posted by tiaan in Ervarings, God, Jesus, South Africa, Suid-Afrika.
Tags: , , ,
1 comment so far

Jip, ek was daar en daarom deel ek gou my gedagtes met julle. Soos ek al gesê het, ek is nie anti-Angus nie (no pun intended), maar omdat almal so vreeslik in die koerante oor die man aangaan, wou ek self hoor wat hy te sê gehad het en daarom het ek gegaan.

Ek het ook gehelp om vir FEBA Radio flyers uit te deel, omdat een van hul personeellede in ons gemeente is. Die flyer het ‘n kompetisie op waar jy vir hulle ‘n slagspreuk moet uitdink. Jy kan dan 3 nagte langs die Malawi-meer wen. Of jy kan net ‘n donasie maak, jou keuse.

Natuurlik was daar mense wat nie die flyertjie by ons wou vat nie. Een vrou het reguit vir ons gesê “kinders van die Here doen nie so iets nie” en ‘n ander vrou het, by die aanhoor dat dit ‘n kompetisie is, die flyers met ‘n simpatieke Moreleta-glimlag terug in my hande geplaas: “Nee dankie.” Gelukkig was meeste mense keen om ander te help met geld om die evangelie te versprei, sonder om te dink dat hulle net dalk op die geluksgod sal vertou in die proses. Jeepers.

Die aktiwiteite op Loftus self was eintlik baie cool. Natuurlik was dit op ‘n stadium scary om te sien hoe 74 000 mense in die stadion inpas, maar dit was netso cool om te sien hoe al hierdie mense saambid. Die musiek was van goeie kwaliteit (met Louis Brittz-hulle aan die stuur) en dis nogals ‘n sight om te sien hoe al die mense (charismats, pentecostals, gereformeerdes, hervormdes en nuuskieriges) hulle hande in die lug gooi met die derde vers van die Oorwinningslied.

Oom Angus se boodskap was…gemiddeld. Which is scary. Dit was goeters wat elke liewe (NG) dominee al iewers gepreek het: bekeer jou, bly by jou vrou, moenie die staat verneuk nie, moenie jou werkers soos crap behandel nie…nie regtig ‘n TOTAAL OORSPRONKLIKE NUWE boodskap nie. Wat my laat wonder het: hoe gereeld gaan dit meer oor die messenger as oor die message? Die enigste ding wat hy vir my gaan moet verduidelik, is sy siening oor die weer, want dit is wragtig volgens my in the eye of the beholder: wat vir die een boer goeie weer is, is nie noodwendig vir die ander boer nie, en tog is albei van God afhanklik om in hul weer-behoeftes te voorsien, of hoe? Verder was sy boodskap uit Ef 3:14-21 heel above board.

Wat my wel baie ongemaklik gemaak het, was op ‘n stadium in die praise en worship toe daar ‘n ou vanuit die middelveld uit al skreeuende uit Openbaring begin profeteer het. Dit was shaky, want dit het geklink asof die ou aspris is. Dit was veronderstel om ‘n stil, gebedsoomblik te wees, maar die man het net aangehou skree en skree. Ek is nie oortuig dat hy deur die Gees gemotiveer was om Openbaring op te sê nie. Gelukkig het die musiekspan die situasie onderskep en weer begin speel. Dankie vir goeie timing!

Dit was tog op die ou end ‘n merkwaardige dag. Ja, daar was mense wat vir die regte redes daar was. Ja, daar was mense wat vir die eerste keer tot bekering gekom het. Ja, daar was ook mense wat daar was uit nuuskierigheid, groepsdruk, verveeldheid of allerhande ander verkeerde redes. Ja, daar is mense wat daar weggegaan het en natuurlik weer die dam onder nege eende gaan uitruk met belaglike statements of vurige fundamentalistiese argumente oor die duiwel en sy “swart mag” (sien die Rapport se online kommentaar!).

Wat vir my lekker was, was dat ek saam met my beste vriend daar kon staan, saam die Here kon loof, vir mekaar kon bid en ‘n antwoord of twee kry. Dit was cool. Ek hoop net die mense gaan doen wat oom Angus vir hulle gesê het – anders sit hy maar in dieselfde bootjie as baie ander Mighty NG Dominees.

PS Sien Neels Jackson se skrywe in Beeld vir verdere comments op die storie