Archive

Archive for the ‘church’ Category

Los my maatjies uit!

March 5, 2009 8 comments

Ek wens soms ons was nog in die laerskool en dat jy vir ‘n ou soos Sarel van der Merwe wat ander mense se name sleg maak kon sê: “Los my maatjies uit!” of hom na die hoof toe vat en sê hy boelie jou. Want dit is basically presies wat hy doen. Maak my kwaad om te sien wie die nuutste ouens is wat vir hulle wickets moet keer net omdat dié betrokke dvd-maker en sy tjomme so besluit het.

Dit geld natuurlik vir almal wat die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria, sy/haar studente en sy/haar dosente so met agterdog bejeën en hulle aanval. Hoe is jy op die skoolgronde geleer? maatjies maak nie so nie!

Imagine gou iemand wat jy glad nie ken nie storm op die speelgrond op jou af en dring aan om by jou te weet: “Glo jy dat Mnr. Van der Merwe fisies, liggaamlik en letterlik die skoolhoof is????” ;-)

Ek was die afgelope 3 dae op ‘n predikantekonferensie van die Natase Sinode by Drakensville. Hoe lekker om te netwerk, met ou en jong predikante te chat en hulle drome vir hul bediening en die lewe te hoor! Dis iets wat ek op Fakulteit geleer het: jy hoef nie die wiel elke keer van vooraf te ontwerp nie – vra iemand waar is die tyre-plek.

Op die hond se stert (is daar baie vlooie) en JOB raak STIL

November 5, 2008 Leave a comment

Jap, so maak ek toe ná 6 jaar uiteindelik klaar met my teologie-studies. Ek wil nou nie te diep raak so vroeg in die oggend oor dit nie, maar hel yeah, dis lekker om klaar te wees!! Om Enrique aan te haal: “It was good, it was bad, but it was real.” ;-)
Wat cooler was as dit was die produksie wat ons die naweek op die planke gehad het, STIL, ‘n gemoderniseerde weergawe van die boek JOB. Die hoofkarakter is ‘n matriekmeisie wat dan deur haar ou afgesê word net voor die matriekafskeid, haar koshuisplek verloor en ook nie mediese keuring kry nie. Dan kom gee haar vriende vir haar “raad” wat haar net meer deurmekaar maak en op die ou end, wanneer sy vir God ervaar, raak sy rustig ten spyte van die onsekerhede van die lewe.
Mushy? ‘n Bietjie. Maar darem nie te veel nie. Te veel mush maak sulke goed soos trifle – baie deurmekaar! Die musiekverskeidenheid wat ons gebruik het was nogals wyd – Michael W Smith tot Straatligkinders tot Avril Lavigne tot Retief Burger tot Vangelis, to name but a few. Ook Vertikaal se song, STIL (wat na ‘n laaaaang gespook ons stuk se titel geword het!) en ons eindlied was.
Ligte, rookmasjien, strobes, sambrele, hoede, lappe, video clips, linte, poefkussings (beanbags)…daar was nie ‘n tekort aan props nie! En nou moet ek nog net die dvd bou – bietjie van ‘n challenge, want ons gaan twee verskillende aande se opnames moet integreer. Ek sien ook uit na die bonus disk, daar het baie snaakse goed vooraf gebeur!
Iewers deur die loop van Sondagaand se optrede was dit asof ek die “blue note” gehoor het – iewers het ons iets reg gedoen. Something just clicked en dit was goed! Die gehalte was regtig hoog en ek wens eintlik ons kon dit op ‘n groter verhoog met ‘n wyer speelvlak doen.
Nou kyk ek gisteraand na hoe daar vir ons gemeente se kategese kerskonsert voorberei word. Wat ‘n kontras! Eerstens is dit eintlik maar net die aankondiging van Jesus se geboorte aan Maria en die skaapwagters en die (3!) sterrekykers en Josef se weghardlooppoginkie en hulle aankoms in Bethlehem, met ‘n paar Kersliedjies uit die Liedboek tussen in. En natuurlik die verpligte mimiek op Jan De Wet se weergawe van “Hierdie Kind”. As jy dit ‘n mimiek kan noem, want oh my soul dit is bad. Dit is verskriklik bad! Op byna elke lettergreep word daar die een of ander direkte verbinde handbeweging gemaak, baie crappy ook! Ek het maar besluit om net niks te sê nie en myself uit dit uit te hou. Weet ook nie hoe die girl wat dit afrig al die hele jaar lank daaraan voorberei nie – daai sit ek en Annelie-hulle aanmekaar in ‘n week. Wil nie ons eie beuel blaas nie, maar ons het in 12 weke meer reggekry as wat hulle nou al van laas jaar af beplan! Hierdie Kersscript is ook totaal onverstaanbaar vir junior kategese kinders: “Maria het gewonder wat die begroeting kon beteken…dit wat in haar verwek is…ek het nog nooit omgang met ‘n man gehad nie…Wees gegroet, begenadigde…Josef wou haar nie in die skande laat kom nie…” Watter kinders (of volwasse lidmate! Scary, huh?) verstaan nog wat dit beteken? Of wat die sosio-historiese betekenis sou wees rondom Josef se situasie en al daai crap? Oh please.
Ja, ek weet, dit moet net mooi en oulik wees. Ja…in 1990! Want ja, in 2008 moet ons die Bybel vir ons kinders, jongmense, jong volwassenes, ouer volwassenes en bejaardes aantreklik en aanloklik maak, sodat hulle dit gaan wíl lees! Verbeeldingryke omgang met die teks…want dan word jy eintlik STIL voor die grootheid en almag van God en die wonder wat ons Sy Woord noem.

Retraite & Roeping

June 23, 2008 Leave a comment

Wow! Wat ‘n ongelooflike paar dae…die Retreat wat ons Finalejaarsklas gehad het by Good Sheperd Retreat by Hartbeespoortdam was presies wat ek nodig gehad het. Ek het baie meer gekry as waarop ek gebargain het! Wat cool was.
Om net ‘n paar hoofpunte deur te gee:
 Ek het vrees vir mislukking en teleurstelling agter my gesit
 Die Here het op verskeie maniere met my gepraat, onder andere deur die tekste in Spreuke wat na “Pad” verwys
 Ook die natuur, soos gewoonlik – die verskeidenheid reuke, vorms en kleure was opvallend, nie net die mooi panoramiese uitsig van die koppie af nie.
 Die stilwees-sessie het my gehelp om bietjie rustig te raak
 Vertikaal se nuwe cd, Stil, en dié se titelsnit, het die afgelope tyd in my lewe begin werk en ‘n metafoor vir die kamp geword vir my
 Die kuiers saam met die klas op die gras, tydens etes, op random plekke, in my en Cobus se kamer met die 30 seconds en die rooiwyn en in die saal op die mat was ongelooflik insiggewend en kosbaar
 Die labirint en toe ek daar my roeping gekry het om te gaan flieks maak was die hoogtepunt van die dag
 Vrydagoggend se “droom”-sessie was netso cool, waar Jesus vir ons elkeen ‘n boodskap kom gee het op ‘n papier
 Om te besef dat ons verskeidenheid nodig en belangrik is en iets is wat ons juis nader aan mekaar kan trek in plaas daarvan om ons te verdeel
 Om te besef dat ek en Cornel eintlik so baie van dieselfde droom deel (en om die belangrike rol wat die Global Day Of Prayer-deurnag in sy eie roeping-storie gespeel het uit te vind!!)

Verskeidenheid is goed. Ek het vrede oor volgende jaar en daarna. Ek het ‘n roeping, vir die eerste keer in my lewe.
Om dit vir die ander mense naby aan my oor te dra wat nie deel van ons klas is nie en dit daarom moeiliker verstaan, is die moeilikste ding wat ek moes doen…

Save Me from Myself: Korn’s Brian “Head” Welch’s autobiography and then some…

May 27, 2008 1 comment

So my friend Shaun hooked me up with this book he got hold of. It was called Save Me From Myself and it was Brian “Head” Welch’s autobiography. For those of you who do not know, this guy used to be the lead guitarist of a teeny weeny little band called KORN. Yep, not so teeny weeny after all!

I read it through in 5 and a half hours. It was really a compelling read, especially the first part. It told the whole story of how he grew up, got involved in music, the different bands he played in and how Korn was eventually formed and how they skyrocketed to success. It got a bit of gory detail, some quite offensive, but there is a disclaimer/warning at the beginning of the book to tell you that it might be the case from time to time.

Like I said, the first part, “To Hell And Back” tells the story of his rise to stardom and, of course, how he and his girlfriend and later wife Rebekah got swallowed up into the world of speed (meth). I’ve never read a book before that tells you about so much drug use. They really used A LOT of drugs – sometimes cocaine or marijuana, but mostly speed and how it pretty much killed them from the inside.

The first part of the book ended quite positive on the note where he got saved by Christ and started to get his life back on track, quitting Korn and becoming a more responsible dad to his daughter Jennea.

And then the second part came, called “Heaven On Earth” – and I thought it kinda sucked. He made most of it sound so easy and so cheap.

You see, what is supposed to be a marvellous 70-page testimony on how he walked with God since and all the curves that that road took, turned into a little pep-talk about how close he got with God and how he could just hear God and suddenly all the bad stuff that happened to him was the devil or fallen angels (where previously it was is own sinful human nature)…and how you can only get to be in a REAL relationship with God when you speak/pray in tongues.

That got me mad, because he quoted the scriptures in 1 Corinthians 14 and Jude where Paul (and Jude in Jude!) is writing about the different gifts of the Holy Spirit and that speaking/praying in tongues is just ONE of MANY gifts that the Spirit gives. Head uses 1 Cor 14:2 and 4 to tell how you can’t understand someone’s “prayer language” when they “pray in the Spirit” – but man, he doesn’t even consider the rest of the paragraph surrounding it! It is exactly the whole point that Paul is making there: he says that you should rather NOT pray in “tongues” because that is only beneficial to the one praying. You should rather prophecy, because that is beneficial to the whole congregation, except if the one that is speaking in another uncomprehensible tongue is explaining it to the rest. So there you have it – it must be interpreted for the people around you to be beneficial to anyone. And nowhere in this passage do I get the information on how you can work on your prayer language – funny, I thought it was a GIFT. How do you work on someone to give you more of a gift that they already gave to you completely? That’s just bribery.

He states his opinion on speaking in tongues like this:
“If you want to have the most faith you can have on this earth, learn to pray in tongues. If you find it too weird and you prefer to live a good, quiet Christian life, don’t pray in tongues. It’s just that simple.”

That got me shouting “You can’t say that!” I know many Christians who don’t pray in tongues who have the faith to move mountains. I also know Christians who do pray in tongues and they are excellent people too. I also know Christians who don’t pray in tongues who is definitely not living a “good, quiet Christian life” but who is making waves all over as they are preaching and serving God quite loud and out in the open. Also, my grandmother is turning 87 in August, and she is a grand lady of the faith. And she has never prayed in tongues before in her life.

It comes down to this: you can’t make your experience normative, the measurement for everyone else to live by. I can’t tell you that, if you don’t serve Christ the way I do, you will not have as much faith as I and you are doing it wrong. And, if praying in tongues is a gift, you can’t learn to do it, it is given to you. As is faith, according to 1 Corinthians 12.

The other thing that was really bad for me to devour was the way he saw his depression. He saw it as a BAD HABIT. Now, anyone who has really dealt with depression knows that it entails a wee bit more than that. Depression is an illness that must be treated three-fold to get the best results: medically, spiritually and psychologically. He says it is gone now, but I can guarantee you, if Head Welch doesn’t get some medical attention to the matter, it is only going to come back to bite him in the ass, again. If you used as much speed (meth) as he has, you need to get the chemical balance in your body and your brain set straight medically. Like he said himself, time and again: God can use many ways to speak/work with you.

He also talked about his baptism in the River Jordan, but I have spoken enough about baptism elsewhere on my blog so I’m not going into the matter here.

Hang on a second. I’m not against baptism in the River Jordan, speaking in tongues or believing that God miraculously heal people. Not at all. Or against prophecies, which he also writes about for a while:

When I was at a camp in grade 8, 14 years old, one night the people there started to pray in tongues, I didn’t understand it, but I thought it was wonderful. I didn’t start to myself either, but God has never left me before or after that.

Also, when I was in grade 11, age 17, at another church camp, our group leader prophecied over me and it was wonderful. I’m still holding on to that prophecy.

And when I was a baby, I was baptized with…wait for it…water from the Sea of Galilea that my grandfather got from the place where the miracle of the bread and the fish supposedly happened and brought back to South Africa after he visited Isarel when he was still alive. It was sprinkled upon my forehead and I don’t intend to get baptized again, because one time is sufficient.

Yep, this is my experiences with the stuff – but I’m not making it normative for other people or downtalking them if they do not do it in some kind of “ah, don’t worry, you spiritual baby. God will open your eyes”-sort of way. That’s just wrong. Sies man!

What was wonderful about the book, though, was the whole encounter they had in India. The whole Untouchable-tribe of the Laodi-story was amazing. He should have just kept on doing that kind of work – the practical stuff that Jesus Himself commands us to to in the Gospels. Also, the way how he described his honesty in his relationship with God was quite touching, as well as the whole thing that God can use your talents (GIFTS that He has given to you!) in more ways than you can imagine.

Yet, I much more enjoyed Donald Miller’s Blue Like Jazz. That guy just nailed it for me on every page. He had a wit about him and a kind of compelling writing style that I just clicked with. It actually convinced me to start to tithe (give a tenth of my income to the church). I don’t have time to go into a full discussion now, but that book was more appealing to me. TO ME. I’m not saying it should be to everyone. But try it out, you might just like it. That guy’s faith is much more like my own. We doubt, we don’t doubt, we believe and sometimes we think it silly, but Jesus never leaves us and that is good.

At least they both came to the same conclusion and that is that the most important thing is a relationship with Jesus.

Maybe it is just that I haven’t been into heavy metal like ever, and maybe it would’ve made a more commpelling impact on my life if I knew their music better, but we can talk about that.

But go read both the books – they will both be worth your while.

http://www.harpercollins.com/books/9780061461279/Save_Me_from_Myself/index.aspx

http://en.wikipedia.org/wiki/Brian_Welch

http://www.donaldmillerwords.com/bluelikejazz.php.

“Our Lord works in mysterious ways…”

April 28, 2008 Leave a comment

Okay, ja, so ek haal vir Frollo uit The Hunchback of Notre Dame (awesome soundtrack, by the way) aan, maar dis nou maar eenmaal waar: die Here werk op onverstaanbare maniere (meestal).
Na my hele ramping en rage en galbraak (hoe lekker dit ookal was!) het ek laas week op ‘n punt gekom dat ek besef het dinge kan nie so aangaan nie. Ek is gesond, ek leef eintlik heel gemaklik en ek het regtig baie om voor dankbaar te wees. “As die lewenstorme woedend om jou slaan, tel jou seëninge,” soos die Halleluja-liedjie sê.
‘n Paar elemente het saamgewerk:
toe ek vir vriendin Jolinda laas Dinsdag op kampus sien en agterkom ek kla alweer;
toe Annelie vir my sê ek sê nooit meer iets positiefs nie;
toe Richardo Dednam, ‘n ou wat skynbaar van Mosselbaai af kom voor my deur op daag (en vir wie ek toe slaapplek en kos gegee het en gehelp soek het na werk en blyplek…lang storie);
toe Karin Prinsloo laatnag ‘n email stuur en vertel van haar seun, Uli, wat in ‘n moerse bad motorfiets ongeluk was…
Ja, dan kom ‘n mens agter: mmm, maybe is dinge tog nie heeltemal so sleg nie.
Ja, goed, alles het nie magically net verbeter by die kerk en als nie. Ek en die kantoor tannies het byvoorbeeld Donderdagoggend vasgesit of gestry of ‘n opinieverskil gehad oor die dra van die toga, die rol van die predikantsvrou en die herder-kudde-model, maar ek het besluit: dis nie die waarheid oor myself nie. Hierdie is alles aanvalle om my te discourage en ek weet my hart is goed (dankie John Eldredge vir die teachings daaroor. Dit help my.).
Sondag se twee preke het ook baie goed afgeloop. Die oggenddiens het ons streng volgens die boek gedoen, met die sistematiese preek en die drie hoofpunte (en natuurlik die meegaande Powerpoint slideshow om dit grafies te maak) en die Liedboek-liedere en die pak en die das en alles. Baie stigtelik en netjies!
Die preek het gegaan oor sjokoladekoek, hoe die drie dele van die koek te make het met roeping: die onderste laag dui op dissipelskap, die tweede laag dui op jou verantwoordelikhede in die wêreld en die versiersuiker bo-op dui op jou persoonlike roeping. lekker metafoor waarmee ek gespeel het. Darem het dit inslag gevind, lyk my, want na die diens het iemand vir my ‘n stuk sjokoladekoek gebring! Hahaha. ‘n Ou Tannie het ook lank met my gesels en gesê hoe sy vir my bid en my opdra en ondersteun. Dis lekker om dit te hoor, want dit moedig ‘n mens weer aan om verder te gaan.
Die aanddiens was ook okay, te danke aan Vic en Thea Brink se boekie Wat Sou Jesus Vandag Doen? Alhoewel, na die tyd het een van die naskoolse girls vir my kom vra of ek vir haar spesifiek gepreek het, en toe het ons (‘n klomp ouens en ‘n klomp girls) ‘n lang argument of bespreking gehad oor grudges hou en mense like en vergifnis en hoe dit meer dikwels as nie ‘n keuse is.
Dit het vir my teruggekom na die motto van Heroes Vat Die Punch toe: jy kan net verantwoordelikheid vat vir jouself en jou eie optrede, maak nie saak wat mense aan jou doen nie.
Interessant hoe dit wat ‘n mens preek of verkondig terugkom en jy daarmee getoets word, huh? ;-)
Gepraat van HVDP: Jeanne Jordaan se ma is besig om dit te lees, sodra sy klaar is gaan ek deur haar notes gaan en werk daarvan maak en dan is dit die instuur! En daarna is dit die lang wag…wat suck, maar nou-ja, dis hoe dit verloop. Ek sien baie uit daarna ook.
Turkye is nog aan, sover! Daar is ‘n nagraadse beurs by TUKS wat ook gaan loskom en dan behoort ek darem al so R 4000,00 te hê. Inbetalings is nog steeds welkom, details is by die Turkye-post.
So tussen die lang naweke deur is die volgende groot ding die Global Day Of Prayer deurnag en daarna my Proefpreek…
Maar jip: Life’s a journey – enjoy the ride!

You can’t run from the wind, maar ek wens ek kon.

April 15, 2008 1 comment

Ek het vandag amper ‘n escape-plan gesit en deurdink. Dit is eintlik vrek maklik om net een nag my goed op te pak en te waai, terug Vryheid toe. Toe ons vanmôre in die predikante-vergadering sit, het ek net gevoel hoe ek vasgedraai word in ‘n spul crap waarmee ek niks te doen wil hê nie. Dis aaklig. Dit is ‘n bedryf waar die stem van die vol stront ou oom saak maak, want “hy kan baie vir die gemeente beteken”, maar die stem van die jong, opkomende hoërskoolleerling/naskoolse jong werkende “met versigtigheid” hanteer moet word. Ag kak man.
What the hell? Dan word daar allerhande mooi goedjies gesê oor balans en hoe dit soos ‘n weegskaal is en hoe ‘n mens maar konstant jou pad in die goue middeweg moet oopvind en al sulke crap. Dis belaglik, punt!
Ek is regtig bly vir die ouens vir wie dit werk en wie se harte in die ding in is – sterkte vir julle. Ek moes myself vandag BAIE hard aan my eie motto uit White Squall herinner: “You can’t run from the wind. You trim your sails, face the music and keep going.”
Dit was lanklaas so waar in my lewe as juis op die oomblik. Ernstig, ek wil net my goed vat en teen ‘n stink spoed weghardloop. Maar toe onthou ek ook die keer in standerd nege toe die stront gespat het na ‘n vraestel uitgelek het en ek die ouens gesplit het en en en, en toe ek weggeloop het van die skool af. Toe my pa my terug vat skool toe, toe sê die onderhoof vir my: “Laat jy nou ooit weer van jou probleme af weghardloop!” So, ek sal die jaar uitsien. Dit raak net vir my oorweldigend om opgeslurp te word in ‘n worsmasjien-maalkolk-sisteem waar ek elke Sondag ‘n ding moet voorberei waarvan mense in anyway net 6% gaan onthou terwyl ek dieselfde boodskap baie treffender kon oorbring op ‘n manier wat gemaklik is vir mense en waar ek nie nodig het om te worry of die mense gaan uitstap as ek klavier of orrel musiek in die agtergrond gebruik het nie.

Die Turkye Toer/The Turkey Tour

March 17, 2008 Leave a comment

Okay, net ‘n vinnige post met ‘n onverbloemde agenda: die Departement van Nuwe Testament aan UP se Fakulteit Teologie hou volgende jaar ‘n toer na Turkye vir ons wat dan reeds afgestudeer het. Ek wil baie graag gaan, maar dit kos (net) E1200 (euro). Wat nie eintlik baie is nie, maar as ‘n mens dit nie het nie, bly dit baie geld. Ons moet hul einde van Maart laat weet of ons gaan of nie – so dis nogal vinnig op ons.
Dit is ‘n akademiese, wetenskaplike toer saam met Prof Jan van der Watt en ons gaan onder meer die stede van Paulus se briewe en die stede van Openbaring besoek.
As jy my like of my blog like of as jy dink ek het dit nodig of as Jesus dit op jou hart lê of as jy ‘n paar rand to spare het waarvan die Ontvanger nie moet weet nie, oorweeg dit asseblief om my finansieel te ondersteun. Onthou ek is nog steeds ‘n teologie-student en ons het nie baie geld nie! Ek sal dit opreg waardeer!!
My bank besonderhede is

CM VAN NIEKERK
ABSA
Tjekrek 4057136323
Verwysing: Tiaan Turkye

By voorbaat – BAIE DANKIE

Just a quick post with no hidden agenda: the department of New Testament at UP’s Faculty of Theology is having a tour to Turkey at the beginning of next year for us that has just finished our theological studies. I desperately want to go, but it costs (just) E1200 (euro). Which is not actually THAT much, but if you don’t have it, it remains a lot of money. We must let them know by the end of March whether we are going or not, so they are quite quick on us.
It is a academic, scientific tour with Prof Jan van der Watt and we will visit amongst other places the cities of Paul and the cities of Revelation.
If you like me or my blog or if you think I need it or if jesus press it on your heart or if you have a few rand to spare that the receiver of income shouldn’t know about, please consider to support me financially. Remember I am still a theology student and we are poor! I will appreciate it very much.

My banking details are

CM VAN NIEKERK
ABSA
Cheque acc. 4057136323
Ref: Tiaan Turkey

THANK YOU very much in advance!!

Die kerk en…nou-ja, mense wat uitstap

March 11, 2008 3 comments

Vinnige post om te sê: ek het my eerste skriftelike beswaar teen ‘n erediens wat ek gelei het gekry! Baie geluk, Tiaan. Eers laat jy die mense huil en nou maak jy hulle kwaad. En dit alles binne net 2 maande! Indrukwekkend, of hoe?
Die besware lui dat
- ek nie waardig geklee was nie en dus die waardigheid onteer het (ek het ‘n langbroek, toeskoene en ‘n mooi oopnek hemp aangehad – dit was ‘n baie warm Sondag in Februarie in Afrika)
- ek nie die Woord gepreek het nie en dat dit net koerantsensasie was (ek het na die Kovsie-video in my inleiding en ‘n keer of wat na daardie ouens se gedrag in my preek verwys)
- ek het nie by die “leturgiese verloop” (sic) gehou nie (ek het die wet en skuldbelydenis deel van die preek gemaak)
EN…
Ek het ‘n langerige clip van Les Miserables In Concert gewys (okay, dit was byna 10 min lank, maar daarom was die preek korter) en ek het gedog die mooi musiek en die feit dat ‘n mens die woorde kan saamlees sou dit deurslaggewend gemaak het.
Apparently not.
Party mense het my na die tyd kom vra waar hulle die dvd kan gaan koop. ‘n Ou, gerespekteerde dominee in die gemeente het vir my kom sê dit was “revolusionêr”.
Een oom het uitgeloop en sy vrou agterna. Hy het die brief geskryf. Hy is ook die token “Anti-Engels” Oom in die gemeente.
Ek wonder wat sou hy gedoen het as hy al by een van die aanddienste was wat ek gelei het – daar het ek al in ‘n Jean en ‘n Blou Bul-hemp geSIT en preek!
Maar nou-ja…
Ek love die kerk. Ek haat die establishment.

So, nierstene…

February 13, 2008 2 comments

Ja, sal ek nou Maandagoggend 5:00 wakker word van die pyn net bokant my regterlies wat toe blyk een van 2 nierstene te wees. Ja, dit tref 24-jariges ook! Lang storie kort is die volgende: verbeel jou jy piepie Minora-blades…en jy’s halfpad daar. Glo my, ek wens dit niemand toe nie! Hulle haal volgende week die JJ Stent (flexible) uit. Iemand wat iets meer weet daarvan, asseblief lig my in!

Het wel vandag ‘n lekker gesprek gehad oor ‘n middagete saam my vriende by TUKS Rugby-akademie rondom Christenskap en sommer allerhande aspekte daarvan. Iets wat ek agtergekom het ons (enigiemand wat evangeliseer) heeltemal te veel doen, is om mense te “bekeer” en hulle dan netso te los. Ons leer hulle niks van die Drie-Eenheid nie (hoewel ekself dit bitter min regtig verstaan of weet hoe om dit te verduidelik) en die hele Inkarnasie-konsep: God wat Mens geword het. Ja, onthou, ons “converts” wil ook weet wat aangaan!

Ek het weer besef dat ons self soveel duidelikheid as wat ons kan moet kry oor sulke stuff, dat ons dit ook met mense kan bespreek. Gelukkig help my teologiese opleiding my ietwat, maar ek bedoel ons moet gewone gemeentelede ook help om dit te kan doen. Ek dink nie EE3 leer dit vir mense nie…

Anyhoo, dis hoe dit is…Jake White se boek is goed en ek kan nie wag vir die Hansie-movie nie. Enige iets anders?

The Hairdresser and I…and social responsibility

January 24, 2008 1 comment

So, a few weeks ago I was in my home town in KwaZulu Natal, Vryheid, when I went for a desperately needed haircut. The barbershop I go to when I’m there is operated by a born-again Christian guy called Jonathan Foti, who started out from a small backroom at his house, where we used to go to when I was still in grade 8 or 9. Funny, I remember him before he got born-again…quite a foul-mouthed guy then, but ever since he became a Christian there was nothing of the sort.

Anyway, this is not about him, I’m just telling this because he is our “go to” guy for hair (for me and my dad anyway) when I’m visiting my parents. His hair studio has long been unisex and he has a few ladies working for him.

So I made my appointment and got there on an extremely hot December afternoon. That was about the same time we were doing that volunteer work at Inkululeko Babies Home. As always happens, the hairdresser (a lady) and I started talking about what I do for a living and before long we got into the whole thing about giving money to car guards or not. The conversation then went on to giving to the poor and needy. She also said that she doesn’t like to give to beggars at robots, because they are always there and that only creates more problems than it solves. Incidently, she has also done some volunteer work at Inkululeko but she said she’d rather give money to the organizations that run places like that, she doesn’t quite have the stomach to do the physical work.

Which is fine by me. At least she recognizes the need. At least she is willing to contribute to the answer. At least she isn’t blaming everyone and everything or saying that somebody else should do it. We both knew that we don’t have the ultimate answer, but we agreed that we should keep on doing at least the small things.

That gave me hope.

So, yes, you can be inspired by a trip to the hair salon.

You’ve got to keep your mind wide open…” - Bridge to Terabithia

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.