Global warming…Global cooling?? Winter in November!! November 19, 2009
Posted by tiaan in Blogroll.add a comment
Wat de hel? Dis koud en nat en reënerig in November! Okay, die reënerig is een ding, maar 13 grade celsius?? Come on!
Al wat ek wil sê is dat die mense wat Global warming nog ontken, moet ‘n slag hulle gordyne ooptrek – dis hier, hoor…
Brrr!
Ek is bang November 9, 2009
Posted by tiaan in Blogroll.2 comments
So, ek skryf hier omdat ek weet bitter min mense lees my blog, so ek worry net eenvoudig nie.
Ek is bang. Okay. Skytbang. Vir die toekoms, vir die naweek se onderhoud by Kempton Hoogland, vir … ek is bang dat vryheid my nie gaan kan betaal nie en dat ek MOET skuif. Ek is bang ek hou actually van die Kempton gemeente (alhoewel dit op hierdie stadium eintlik net oor die byvoordele sal gaan – mens moet mos “iewers in die game kom”…yeah right).
Ek is bang ek neuk op met die Stranddiensspan en dit wat ons aan die einde van die jaar by TO wil regkry. Ek is bang ek moet vir die kids almal koebaai sê op ons laaste dag daar.
Ek is bang ek moet alles van vooraf gaan doen. Ek weet nie hoe en waar ek nou weer van vooraf nuwe vriende gaan maak nie, nuwe tiners gaan leer ken nie, ‘n nuwe bediening gaan begin nie.
“Seriously, Tiaan, vir watter werk het jy nou al ooit aansoek gedoen en dit nie gekry nie?”
I dunno. Ek is bang ek trou nooit nie. Ek is bang mense dink eendag ek is ‘n perv soos wat party mense van party single mansonderwysers dink. Ek is bang ek maak nie ‘n impak nie.
Ek is bang ek word ‘n boemelaar. Of gaan eensaam dood.
Ek is ONTSETTEND bang vir eensaamheid.
Ag whatever…
Kyk hoe lekker gee ons voor… September 14, 2009
Posted by tiaan in Blogroll.2 comments
Die ding met ope dae is dat dit ‘n baie “Bo blink, onder stink”-ding is, is dit nie? Ek meen, ons hou vir hierdie aspirant inskrywers voor dat hierdie plek uitstekend is, met die heel beste van alles waaraan jy kan dink – van onderwysers, tot sportgeriewe, tot speelgrondsituasies, tot vriende. HIER gaan jy geluk vind, belowe ons jou. Kyk net na al hierdie ander gelukkige kinders. Hulle bereik die hoogste sport(e) op watter terrein ookal. Al 800 kinders is super gelukkig.
Maar niemand vertel van die groeperings op die skoolgrond nie. Niemand vertel van die ongelukkige kind wat agter die badkamerdeur wegkruip omdat niemand met haar wil praat nie. Niemand vertel van die ou wat sy meisie swanger gemaak het en nou oor naweke moet werk sodat hulle kan doeke koop nie.
Niemand vertel van die outjie wat in aliens glo, wicca beoefen en om die hoekie staan met ‘n skerp liniaal sodat, as jy met hom moeilikheid soek, hy jou kan “get” nie.
Niemand vertel van die groepsdruk, die sosiale outcasting, die stryd om jouself te vind en hoe dit soms ‘n baie eensame reis kan wees nie. Niemand vertel van die donker aande in ‘n koshuiskamer met iemand wat dit vir jou regtig nag kan maak wat daar rondsluip nie.
Kry vir jou ‘n aansoekvorm in die voorportaal. Ons kan nie wag om jou volgende jaar hier te sien nie!
“Nee, Tannie, dis verby…”: Ter nagedagtenis aan ‘n Oupa August 6, 2009
Posted by tiaan in Blogroll.add a comment
Ons was laas Vrydag by my Oupa se roudiens. My ma se pa. My pa se pa is dood voor my geboorte en ek dra sy name. Hierdie oupa was die een wat ek geken het, wat my dinge geleer het, wat my verstom en verbaas en vermaak het.
Dit was ‘n koue, nat dag in Aliwal. Min van die familie kon daar wees. Ek het nie gedink ek sal so aangedaan raak nie, maar ek het byna die hele dag lank my oë uit my kop uit gehuil. Sien, ek het die (twyfelagtige) voorreg gehad om almal wat ver is se laaste huldeblyke voor te lees. Dit was seker die moeilikste drie bladsye wat ek in my lewe moes lees. Voor die tyd kon ek skaars na my oupa se foto kyk waar dit op n tafeltjie gestaan het langs twee kerse.
Dankie tog ons het nie die foto-powerpoint met You Raise Me Up-ding gedoen nie, want regtig waar! Dit was eenvoudig, stemmig, met Piet Smit wat die Magaliesburgse Aandlied van ‘n cd af sing – ‘n persoonlike request van my oupa voor sy dood. Die dominee het my oupa geken en kon dus lekker persoonlik praat – bietjie langerig, maar dis iets wat ek nogtans ontsettend waardeer het. Hy het nie sommer net ‘n ou begrafnisprekie uitgepluk en so nie. Sou hom in my emosionele toestand waarskynlik na die tyd gemoer het as dit die geval was.
Ek vra op ‘n stadium vir my ouma of sy by was in sy laaste minute. Sy vertel dat sy so 4h die middag my oupa, wat in die siekeboeg van die ouetehuis waar hulle bly, versorg is, gaan groet het. Net so voor 6pm het die suster haar laat roep. Toe sy daar kom, was sy oë nog oop en sy het by hom gaan sit.
“Maar hy lewe nog. Kyk, hy lewe nog!” het sy vir die dokter gesê.
Waarop hy geantwoord het: “Nee, Tannie, dis verby…”
En toe was dit verby.
Dis verby. Dis verby. Twee woorde wat sóveel beteken. Jou lewe van by die 53 jaar saam met hierdie mens vir wie jy lief was en jou lewe mee gedeel het, is verby. Daar gaan nie verdere memories wees nie.
Jou tyd hier by ons is verstreke. Jou saamwees by hierdie groep mense het tot ‘n einde gekom.
En? Maak dus memories. Goeies. Want daarvan het ons van my oupa baaaaaaaiiiieee. Hy was ‘n besondere mens.
Ons gaan Oupa baie mis!
In Memoriam: Daniël Johannes Coetzee 1936 – 2009
Twee Jeugweke, een maand May 4, 2009
Posted by tiaan in Blogroll.Tags: 13th Floor, retief burger, SAMA-toekennings, Super 14 Final, Vertikaal
add a comment
Ek en die AGS gemeentejaar-pastoor, Ruben Kleynhans, is besig om twee jeugweke vir Mei-maand in Vryheid te reel. Okay, die een was die NG-jeugpinkster wat ons gehijack het, maar die ander een, ‘n optrede van 13th Floor, het half in ons skote geval.
Which is awesome.
Maar ons het ook vir Vertikaal gereel om die Saterdagaand op te tree (by the way, baie geluk met jul SAMA-toekenning! Julle verdien dit!!) om die week mee af te sluit, so saam met die Super 14 final en ‘n braai (ons is immers Suid-Afrikaners).
Which is also awesome.
En dan het ons vir Retief Burger wat te danke aan Kokstad se kansellasie die Maandagaand, 25 Mei, vir ons kom optree om die week mee te begin.
Which, of course, is also awesome.
Dis net, Retief kos ons ‘n pretty penny. So, as jy voel die Here jab jou in die ribbes om ons te help met ‘n geldjie, asseblief reply, dan sal ek per e-mail bankbesonderhede uitruil.
Ons vertrou dat God groot goed in hierdie tyd in Vryheid gaan laat gebeur…
Teodisee-vraagstuk opgelos in een sin… April 22, 2009
Posted by tiaan in Blogroll.5 comments
So die revue waarmee ons op die oomblik besig is, gaan kortliks oor Geloof, Hoop en Liefde en dat jy elke dag oor kan begin en self verantwoordelik is vir jou keuses en hoe jy dinge gaan beleef, of jy gaan toelaat dat negatiwiteit jou oorrompel of nie. Baie mooi, bietjie mushy, maar overall die feel-good show van die jaar.
Ek wil graag die volgende toets vir reaksie (
):
Hulle oplossing op die vraag oor hoekom daar slegte dinge in die lewe is, is:
“If humans never see darkness, how will they appreciate the light?”
DISCLAIMER: Ek het nie die script geskryf nie, ek wil sommer net hoor wat julle hiervan dink?
Metaforiese stuff, boudlekkery en wat om met rugby-jeug aan te vang April 16, 2009
Posted by tiaan in Blogroll.add a comment
Ek het die vakansie weer by die foto-tent van Hoërskool Vryheid se rugbyweek gewerk. Groot pret, soos altyd, al was dit harde werk en lang ure. Geluk aan almal wat goed gespeel het, dit was lekker om vir julle te kyk! Natuurlik was dit ook hiper-snaaks om die sê-goed van die foto-kykers te hoor. Ja, ouens, julle is vrek vain!!
Ek moes ook voor Vryheid Hoër se eerste wedstryd vir hulle ‘n “stukkie gaan lees en bid”, soos wat dit ‘n jeugwerker betaam. Was vir my moeilik, nie omdat dit weird is of enigiets nie, maar omdat dit so na afskeep voel. Ek sou baie graag eerder ‘n langer pad saam met die manne stap en ‘n geestelike sessie per week, gefokus op hulle sportbehoeftes, wou inwerk. Sal nog met die afrigter gaan praat…maybe kry ons iets reg. As dit nie vanjaar kan gebeur nie, dan verseker volgende jaar.
Dis moeilik om metafories mense se boude te lek, maar ons doen dit almal. My Oupa het egter altyd gesê “Van gat lek kry jy net ‘n stront smaak in jou mond.” Gaan dink daaroor, daar is meriete in! Maar ons doen dit tog. Kom noe, toe nou, asseblief tog, sal jy nie maar nie, toe? En dan noem ons dit mooi praat. ‘n Vriend van my skryf nou die dag hierdie op sy Facebook status:
“Political correctness is a doctrine, fostered by a delusional, illogical minority, and rabidly promoted by an unscrupulous mainstream media, which holds forth the proposition that it is entirely possible to pick up a turd by the clean end.”
Ek het gedink dis nogals raak gestel.
Hoë Bloeddruk en Uitpass March 16, 2009
Posted by tiaan in Blogroll.add a comment
Ek het laas Vrydag tydens bloedskenk gehoor my bloeddruk is ‘n bietjie hoog. Toe, vyf minute later terwyl ek lê en bloei, toe pass ek uit. Scary, het regtig gevoel of ek wegraak!
Saterdag gaan meet ek, toe is dit 151 oor 93. Ek vat die naweek rustiger, lê en slaap, lag lekker vir snaakse movies en vanoggend toe ons weer gaan meet, toe is dit 154 oor 100!
So, ek stres ‘n bietjie…waar kom dit vandaan?
Intussen hoor ons hierdie week of een van my vriende Vryheid toe gaan trek om hier te kom skoolhou en die inskrywings vir ons Avontuurkamp is intussen uitgestuur. Probleem is, dis dieselfde naweek as wat die rugbyweek by Hoërskool Vryheid begin (3-4 April) so dit boor ons ‘n bietjie…maar ons sal nog sien wat gebeur!
Los my maatjies uit! March 5, 2009
Posted by tiaan in Ervarings, Jesus, Suid-Afrika, church, church, religion, Jesus, prayer, godsdiens, jeug, kerk, skole, theology, youth.8 comments
Ek wens soms ons was nog in die laerskool en dat jy vir ‘n ou soos Sarel van der Merwe wat ander mense se name sleg maak kon sê: “Los my maatjies uit!” of hom na die hoof toe vat en sê hy boelie jou. Want dit is basically presies wat hy doen. Maak my kwaad om te sien wie die nuutste ouens is wat vir hulle wickets moet keer net omdat dié betrokke dvd-maker en sy tjomme so besluit het.
Dit geld natuurlik vir almal wat die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria, sy/haar studente en sy/haar dosente so met agterdog bejeën en hulle aanval. Hoe is jy op die skoolgronde geleer? maatjies maak nie so nie!
Imagine gou iemand wat jy glad nie ken nie storm op die speelgrond op jou af en dring aan om by jou te weet: “Glo jy dat Mnr. Van der Merwe fisies, liggaamlik en letterlik die skoolhoof is????”
Ek was die afgelope 3 dae op ‘n predikantekonferensie van die Natase Sinode by Drakensville. Hoe lekker om te netwerk, met ou en jong predikante te chat en hulle drome vir hul bediening en die lewe te hoor! Dis iets wat ek op Fakulteit geleer het: jy hoef nie die wiel elke keer van vooraf te ontwerp nie – vra iemand waar is die tyre-plek.