jump to navigation

Ek is bang November 9, 2009

Posted by tiaan in Blogroll.
trackback

So, ek skryf hier omdat ek weet bitter min mense lees my blog, so ek worry net eenvoudig nie.
Ek is bang. Okay. Skytbang. Vir die toekoms, vir die naweek se onderhoud by Kempton Hoogland, vir … ek is bang dat vryheid my nie gaan kan betaal nie en dat ek MOET skuif. Ek is bang ek hou actually van die Kempton gemeente (alhoewel dit op hierdie stadium eintlik net oor die byvoordele sal gaan – mens moet mos “iewers in die game kom”…yeah right).
Ek is bang ek neuk op met die Stranddiensspan en dit wat ons aan die einde van die jaar by TO wil regkry. Ek is bang ek moet vir die kids almal koebaai sê op ons laaste dag daar.
Ek is bang ek moet alles van vooraf gaan doen. Ek weet nie hoe en waar ek nou weer van vooraf nuwe vriende gaan maak nie, nuwe tiners gaan leer ken nie, ‘n nuwe bediening gaan begin nie.
“Seriously, Tiaan, vir watter werk het jy nou al ooit aansoek gedoen en dit nie gekry nie?”
I dunno. Ek is bang ek trou nooit nie. Ek is bang mense dink eendag ek is ‘n perv soos wat party mense van party single mansonderwysers dink. Ek is bang ek maak nie ‘n impak nie.
Ek is bang ek word ‘n boemelaar. Of gaan eensaam dood.
Ek is ONTSETTEND bang vir eensaamheid.
Ag whatever…

Comments»

1. Cobus - November 17, 2009

Wel, lyk my almal is te bang om te reageer… en my rekenaar was wasted vir die laaste ruk, so ek vang nou eers weer op met blogs.

2. tiaan - November 19, 2009

Toemaar toemaar, ek is okay…moet erken ek was ‘n bietjie neuroties, seker. Dinge is/was toe nie so erg nie, hoewel ek nou nie noodwendig op en af spring van opgewondenheid en so oor die stad-idee nie. Baie faktore wat into play kom by sulke besluite!