Rugbyspelers en Godsdiens: Os du Randt

Baie dankie vir almal wat die Deon Maas post gecomment het en dit gelees het! Ek waardeer jul opinies en lees elkeen met belangstelling. Ek is altyd oop vir goeie, deurdagte debatvoering, so moenie dink ek ignore jou net omdat ek dinge nie noodwendig soos jy sien nie! Maar soos ek aan die einde van daai post gesê het: ek het klaar my sê gesê.

In dieselfde koerant was daar ‘n ander artikel, wat almal in hul opgewondenheid misgelees het: Hanlie Retief se onderhoud met Os du Randt op sy plaas in die Theunissen-distrik. What a man, what a legend! ‘n Ware Suid-Afrikaanse volksheld wat, soos die artikel tereg opmerk, saam met die GROOTES hoort.

Daar word natuurlik baie geskryf oor sy liefde vir die plaas en sy boerdery en sy familie en en en, maar wat my natuurlik opgeval het, was die stukkie oor sy Gosdienstige lewe. Ek gaan dit eers aanhaal:

“…En dan raak die reus ernstig. Hy vertel van die geestelike verdieping wat die span veral onder Balie Swart in die WB-weke beleef het. Hoe hy, Bakkies Botha, Fourie du Preez, Johan Muller, John Smit, CJ (van der Linde), Albert van den Berg, BJ Botha en Bryan Habana Dinsdae aande saam Bybelstudie gehou het. En hoe hy, van die veld af in die knarsoomblikke met die telling 20 elk teen Fidji, met sy seer lyf langs die kantlyn gesit en bid het.
‘Ons klompie het agterna besluit: God het vir ons die Wêreldbeker gegee, dis nou ons missie om die eer aan Hom terug te gee, en dit uit te dra.’
Vir Os is sy uittrede nou sóveel anders as die eerste keer. Hy’t destyds kop verloor, te veel saam met pelle gekuier, finansieel begin sukkel en weggedryf van sy gesin.
‘Ek het op ‘n kruispad gekom, en Gód gekies. Een van my grootste vrese, nou, is om weer daai Os te raak. Maar ek sál nie.’
Ja, knik Hannelie (sy vrou), haar oë blink. Haar fris man met die fiks hart…”

Wow. Nog een van ons rugbyspeler-helde wat nie skaam is om in die openbaar te sê in Wie en wat hy glo nie. Ja, ek weet daar is mense wat gaan sê hy sê dit net omdat dit die koerant is, of wat van as hy nou sal droogmaak, of watookal. Dis ou nuus daai. Hier is nóg ‘n ou wat nie bang is om te erken dat hy voorheen die pad byster geraak het en dit weer teruggevind het nie.

En rugbyspelers wat saam Bybelstudie hou, is enige tyd van die dag, maand of jaar awesome. Hier is ‘n klomp ouens van verskillende unies (Sharks, Bulle, Cheetas en Lions) wat saam aanbid en hul geloof uitleef met die talente wat hulle gekry het. Nou word ons Godsdiens, tesame met die feit dat ons vir Suid-Afrika speel, die gemene deler…

Hierdie is die ouens wat ons kinderhelde was (toe Os in ’95 vir die Bokke uitgedraf het, was ek maar 11) en nou ook die kinders se helde is. Maybe, net maybe, as ons hoërskool-laaities (ons rebelse, moeilike tieners!) sien dat hul helde saam bid en hul Godsdiens saam beoefen, kan dit ‘n getuienis vir hulle wees en mag hulle ook begin dink dat dit die moeite werd kan wees om die Christenskap-ding ‘n try te gee.

Ek sal graag met die manne ‘n slag wil gesels oor hul geloofslewe en hoe hulle dit in die beoefening van hul sport ervaar. Mens behoort eintlik ‘n boek saam te stel met die Springbokke se geloofsverhale in, ek sal daarvan hou om dit te doen. Dit behoort nogal inspirerend te wees, ook vir ander sportlui wat op hul beurt weer hul stories kan deel. Dalk word ons sportlui juis die mense wat terug in Suid-Afrika in sendelinge kan wees…

  1. Baliclica
    December 25, 2009 at 12:09 am

    http://rastimores.net/img-add/euro2.jpg
    Adobe Acrobat Pro, buy to let software
    software reseller discount microsoft blog software academic pricing on software
    free adobe photoshop cs4 user guide download nero essentials adobe photoshop cs3 key gen
    we sell software education software prices
    ultimate oem software office 2000 “software
    Mac Poser 7 Cyberlink shop foreman pro software

  1. No trackbacks yet.

Leave a comment